Author Topic: ek hoop dit reën  (Read 2055 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
ek hoop dit reën
« on: June 19, 2011, 03:45:48 PM »
ek hoop dit reën

ek wil plons-voet stap
in die stortreën van jou liefde
wyl druppels met luide plof
op uitgestrekte hande val
opgesuig deur n hart van spons
en les die dors van my dorre siel

ek sien die lewe met nuwe oë
en luister met kinder oor
wyl die gletser van my gisters
se ysige waters nou vrylik vloei

soms voel ek tog teneurgedruk
as ek dink aan wat verlore is
en die kosbare tyd wat verbysnel wyl ek slaap
maar dit word alles weggespoel
deur die liefde van die hede
en die beloftes van more

ek hoop dit reën

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: ek hoop dit reën
« Reply #1 on: June 20, 2011, 06:25:34 AM »
'Plonsvoet in die stortreen van jou liefde'... pragtig beskrywend. Hoop dat dit nooit nie sal ophou reen vir jou.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: ek hoop dit reën
« Reply #2 on: June 20, 2011, 01:48:42 PM »
Wow!  Ek dink hierdie opskrif "woordwerke" moet in "woordwonders" verander!   Dankie Louis,  dit is altyd die moeite werd om jou werk te lees.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: ek hoop dit reën
« Reply #3 on: July 25, 2011, 11:44:01 AM »
Louis

Ek het hierdie baie geniet - goed verwoord.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: ek hoop dit reën
« Reply #4 on: July 25, 2011, 04:48:24 PM »
Pragtig!