Die Klaskamer > Hoe werk die program?

PhotoScape (deel 1: raam en bewaar elektronies)

(1/6) > >>

Meraai vannie Baai:
Gratis beskikbaar op die internet is hierdie program 'n fotograaf se beste vriend - naas sy sak met lense  :icon_biggrin: Dit is 'n maklike program met kort videotjies beskikbaar om presies te wys hoe die funksies werk. As jy soos ek stadig leer, kan jy oor en oor kyk  :icon_bigsmurf:

Lox het hierdie program werklik binne 'n ommesientjie bemeester!  :notworthy: :icon_salut: en glo hy gaan vir ons kom beduie watter funksies hy gebruik en geniet het!

Ek wil graag wys hoe jy 'n vriendskapskat-potloodskets op papier kan bewaar deur van die eenvoudigste funksies op die program in te span. *Gawie ek het nog noooooit so groot geskenk gekry nie. Jy is 'n STER!!!! Wil graag jou skets van 007 gebruik om die program se raam funksie uiteen te sit hoor!



Toe het ek die program ingespan en die foto gaan haal deur op Editor te kliek op die balkie vol inligting heelbo. Aan die linkerkant sal die legger waar jy die fotos gestoor het oopspring. Deur op die foto waaraan jy wil werk te kliek, sal dit op die skerm verskyn. Onderaan die foto is al die funksies.

As jy op Home kliek sal daar onderaan 'n hele paar funksies verskyn. Ek het met die cropfunksie die foto se rowwe buitelyne afgesny.
Toe het ek op die Photo + Frame gekliek.  Die piepkleine pyltjie regs gee jou toegang tot 'n magdom keuse van verskeie rame ens. Speel gerus met alles wat jy sien .... daar is undo funksie links  :icon_biggrin: Ek het Note 1 gekies.

As jy skrif by wil voeg op jou foto druk jy die onderwerp langs Home - Object Daar is nou weer 'n magdom funksies beskikbaar. Toets almal en loer wat gebeur. As jy op die T druk sal daar 'n op jou foto 'n raampie verskyn. Aan die linkerkant van die skerm is daar nou 'n witspasie waarin jy kan tik. Dit wat jy tik verskyn in die raampie op die foto. Dan druk jy OK ....en nou kan jy rek en strek, skuif en draai soos jy wil. Onthou as jy droogmaak is die undo/cancel funksie regs langs jou  :icon_biggrin:

En nou lyk 007 so:


Deur 'n ander raam te kies en die sepia funksie in te span, vertoon Gawie se strepiesskepping nou so:

Meraai vannie Baai:
Ek het die fotos kleiner gemaak maar 2 vertoon nog steeds groot. Het al kom afhaal en nog kleiner gaan maak en weer kom vasplak. Pure verniet! Hoop dit word kleiner na 'n rukkie (het al voorheen gebeur)  :icon_bigsmurf:

PM:
Baie dankie Raaitjie, dit klink heel interessant.  Hierdie programme maak 'n hele wêreld van tegnologie oop. 
Sodra ek 'n kansie kry, sal ek ook my Juffrou-Gawie-weergawe bring, sy is 'n sterretjie. 

Meraai vannie Baai:
Absoluut mater! My plekkie gaboek hoor! Gawie het my gavriet met haar potlood 'n nuwe gedaante gegee. Vir jare kruip ek agter die kamera weg ... en toe toor Gawie die 'skewe gevrietjie' so dat ek hier sommer oop en bloot drie keer kon kom smaail. Reguit soos besemstokkie wat dwars leg hiehiehie. Gawes jy is sterretjie aan onse kuberhemel  :notworthy: :icon_salut:

Gawelina:
Is oorlat ek sulke sterretjie vriende het. Ek lief almal so baie. Ek sal 'n hele muur kon uitplak as ek almal kon teken. dink net hoe besig sal daai vertrek lyk en as die spul gelyk begin gesels, hoe 'n koor dit sal vorm.  Hie hie hie Raaitjie ons twee se kuier vanoggend het my aangetas.  Ek dink ek moet ook die program probeer.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version