Author Topic: Spore  (Read 2288 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Spore
« on: October 03, 2011, 12:50:47 PM »
Dan het iemand jou spore ook uitgevee.   :icon_biggrin:  Help tog groot asseblief.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Spore
« Reply #1 on: October 04, 2011, 01:49:46 AM »
Huh?? Het Gawie se abiesietjies verdwyn??  :dontknow: :crybaby2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Spore
« Reply #2 on: October 04, 2011, 03:37:04 AM »
Ek terg haar net so 'n bietjie Raaitjie.  :icon_biggrin:
 Ek soek na die foto en die skryfwerk apart, gedink ek sal die skryfwerk hier kry.
Die lewe jaag te vinnig by ons verby, daar is te veel om te doen en te min tyd.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Spore
« Reply #3 on: October 04, 2011, 08:21:19 AM »
S  p  o  r  e

spore voor my in die sand
waarheen wil jul my nou vat
watter  storie hou hier verband
waarheen hierdie deurmekaar pad

hoeveel van julle loop hartseer spore
hoeveel jubel in die voete se wandel
hoeveel juig want iemand is gebore
wie se  lywe was goor behandel

links, regs, grotes, kleintjies,
patroon gladde sandpad
met bietjies van iets
of iemand se hart

hier was ‘n kind
hier ‘n ou mens en
daar nog ‘n seer mens
almal hier voor my
om ‘n merk van
ek bestaan ook
hier agter
te laat


PM, die opskrif moet groter en wyer uitmekaar kom om soos tone te lyk.  Ek kry dit nie reg nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10713
  • Gender: Female
Re: Spore
« Reply #4 on: October 04, 2011, 06:44:22 PM »
Jou voorbeeld wat jy gestuur het beeld dit pragtig uit.  Ek erken ruiterlik dat ek hard probeer het maar dit is net nie so pragtig soos wat jy dit gedoen het nie Gawie. 
Ek sien more weer 'n drukker om vir my die boek in "kantlynloos" uit te druk, dan kan ek vir myself sien of al hierdie geneuk met spasies regtig nodig was.  Skuus as ek "moerig" klink, maar ek is regtig moereloos. 
Om te weet is om te verstaan.