Die Biblioteek > Liedjies uit die oude doos
Hou jou roksak toe
(1/1)
Naas:
My ou tanta wat in Holland woon
sy was so danig sterk,
sy keer toe mooi die nagwa om
daar voor die Roomse kerk
Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.
As my ou man van die werk af kom
reën hy altyd nat
dan lag hy met sy vet ou vrou
dat die sweet hom so af tap
Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.
Oom Daantjie werk op oom Kallie se plaas
En oom Daantjie ruik na gom.
Oom Daantjie se broek is dik gelap
en die meisies lag daarom.
Hou jou roksak toe
hou jou roksak toe
hou jou roksak, handsak, sysak
hou die hele lot toe.
:icon_bigsmurf:
PM:
Nou verlang ek my stukkend Naas. Ek hoor Ouma Naas se stem en ek sien haar hier op die bank sit met die breipenne in die hand. :crybaby2:
Meraai vannie Baai:
My voet tik ritmies die tyd ... en ek sing kliphard saam :hello2: :notworthy:
Navigation
[0] Message Index
Go to full version