Author Topic: matriekafskeid fotos  (Read 10647 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
matriekafskeid fotos
« on: October 03, 2011, 02:09:48 PM »
Hier is paar van die fotos wat ek geneem het van Anton en sy date vir die aand.

dit wys onder andere wat ek met die program gedoen het waarvan op 'n ander draad gepraat is.

die foto het ek net die gedeelte uitgesny, res van die foto was nie so nice nie.



en toe sit ek die rondom



die foto het my vrou skelm geneem terwyl ek haar afgeneem het en sy na my gekyk het. toe sny ek ook die deel uit en sit die ligstraal op die oorbel by.



My vrou het die een ook geneem, hy is ook gecrop en die swart rondom gesit.



die blomme is ook gecrop en wit om gesit



met die foto het ek refelx bygesit



die foto is die oorspronklike



en hier is hy oud gemaak



hierdie is die foto soos ek hom ( en paar ander) geneem het. dis natuurlike lig en ek het net die kamera gestel om die kleure so vas te vang. daars 'n paar wat na mekaar geneem is maar die kleure is dieselfde maar die pose van die kinders verskil.




toe het ek van die fotos mee gespeel op photoscape

en dit gekry




en dit



en hier het ek die kleur halfpad uitgehaal


en hier die foto heeltemal sepia gemaak




die 3 musketeers



hier het ek die foto effe gecrop en die buite rant is foto negatief gemaak



so is daar oneindig maniere wat jy fotos kan verander ten goede of en kwade.

ek hou altyd my oorspronklike foto vir ingeval die verandering 'n flop is.

hier het ek die buitekant van die foto sepia gemaak en die kleur op die rooi rok gehou.



daars nog baie ander voorbeelde maar die klompie wys min of meer als wat te wys is.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #1 on: October 03, 2011, 03:50:45 PM »
Baie baie mooi Lox.  Jy sal beslis moet kom leer hoe dit gedoen word. 
'n Pragtige jongklomp van vandag, die leiers van more.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #2 on: October 03, 2011, 05:07:49 PM »
ek en oupa ysie het so hardop gewonder op FB hoekom is vandag se jonges mooier as ons jong dae se mooies?

ok ek en raai sal vertel wat ons weet. waar moet ons vertel? eerste laai photoscape af en installeer dit, maak net seker van die blokkies wat gemerk is en wat jy wil ontmerk by die installasie want anders verander hy sommige van jou goed, soos om google chrome jou internet wei masjien te maak of nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #3 on: October 04, 2011, 01:40:48 AM »
Stoffeltjie dit is PRONK album die!! Lig my hoed en knak my knieg matertjie! Jy het hier voorwaar puik fotografie en die programfunksies perfek gekombineer  :love7:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #4 on: October 04, 2011, 02:06:43 AM »
dankie maria, en dankie dat y my van die program vertel het, hy sal nuttig gebruik word in die toekoms.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #5 on: October 04, 2011, 02:41:11 AM »
Groot plesier mater. Ek het by die plek wat PM vir ons geskep het (hoe werk die program) gaan beduie hoe ek 'n potloodskets van Gawie 'geraam' en bewaar het. Sal jy asb vir die maters van die funksies beduie wat jy gebruik het Stoffeltjie?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #6 on: October 04, 2011, 03:58:26 AM »
Ja asseblief.  Jy weet ek is 'n ouvrou en ek sukkel met programme en om nuwe goed te leer.  Julle moet stadig verduidelik sodat ek vinnig kan verstaan.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #7 on: October 04, 2011, 12:58:31 PM »
sal vanaand op die vroegste kan wees ek hol rond iets vreeslik op die plaas. water gee kunsmis gee moet nog siektes spuit ook
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: matriekafskeid fotos
« Reply #8 on: October 24, 2011, 08:14:05 PM »
Sjoe dit is alles baie mooi fototjies
*The one and only AWESOME-EST