• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rysgebak alla Liefie

Started by Terry, September 01, 2012, 10:50:22 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Terry

Bestanddele:

1  Gekapte ui
1  500g Pakkie bacon worsies, kaasgeur
7-8 Medium groot swart sampioene
1  Koppie basmati rys

Sous-bestanddele:

2  Koppies kookwater
3-4 Eetlepels blatjang
2  Eetlepels worchester sous
1/4  Teelepel tumeric poeier
1/2  Teelepel paprika poeier
2  Eetlepels 'Mild en Spicy' kerrie poeier
1  Eetlepel sout
1/2  Teelepel swart peper

Metode vir sous: Meng alle bestanddele saam met kookwater en roer.  Hou sous een kant.

Metode:

Wenk:  'n Lekker groot kleipot sal die beste werk met hierdie resep.

Voorverhit die oond tot 190grade.
Laat staan ongekookte rys in kookwater vir 2-3 minute.
Sny worsies, gekapte ui en gesnyde sampioene en sit in kleipot.
Na die rys bietjie in kookwater gele het, gooi die water af en sit rys by al die ander bestanddele in die kleipot.  Roer alles in die bak saam.
Gooi dan jou sous oor al die bestanddele in die kleipot en sit die deksel op.
Sit jou bak in die oond vir 70 minute en laat dit dan vir 15 minute staan na jy dit uit die oond gehaal het.

Bedien op saam met enige groente of slaai.  (Ons het gevind die smaak van alles in die pot was wonderlik en het niks anders by dit bedien nie).

Probeer gerus hierdie resep, dis waarlik 'n wenner!

:-)

PM

O ja, dit klink na my soort kos.  Vinnig en maklik en heerlik daarby.  Baie dankie Terry, jy is 'n ster. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Ek gaan dit beslis probeer. Baie dankie.

Meraai vannie Baai

Dit lyk en klink heeeeeeeerlik. Dankie baie baie vir die deel met ons Terry  :notworthy: :hello2:

Terry

Ja, probeer asb.  Laat weet ook hoe dit uitgekom het en of enige iets weggeneem of bygevoeg is om dit lekkerder te maak? 

Ek het vergeet om te noem so gebak is genoeg vir 6-8 mense, ons is net 2, so ek het die hele naweek aan dit ge-eet en elke bakkie wat ek opgesekep het was vir my lekkerder as die vorige een.