En toe doen ek dit…
Ek plaas ‘n advertensie in die Weg.
Jy sien, ek en ‘n paar vriende wil gaan jag maar ons is nog op soek na ‘n gids/motorbestuurder/ kampvoorman/kok.
Ek plaas dus die volgende advertensie:
Ons is op soek na ‘n gids/motorbestuurder/ kampvoorman/kok om jaggeselskap na Botswana te vergesel.
Suksesvolle applikant moet Botswana goed ken, oor ‘n wettige motorlisensie beskik en in staat wees om ‘n 4X4 in alle omstandighede te bestuur. Hy moet ook oor goeie kookvaardighede beskik en vorige kampondervinding hê.
Belangstellendes kan vir Naas kontak by (met my adres) Ongelukkig was die reaksie op die advertensie maar sleg.
12 Dae na die advertensie verskyn het is daar ‘n stamp teen my voordeur.
Ek gaan maak oop.
Eers sien ek niemand. Toe ek egter afkyk sien ek ‘n ouerige man in ‘n rolstoel.
“Kan ek help?” vra ek.
“Is jy Naas van die advertensie in die Weg?”
“Dis ek ja.”
“Jammer ek het so teen die deur gestamp maar ek kon nie die klokkie bykom nie. Ek is hier oor die advertensie. Mag ek inkom?”
“Ja seker. Kom maar in.”
“Ek kom van Durban af en het dadelik in die pad geval en hierheen geryloop toe ek jou advertensie sien.”
“Het jy die vereistes gelees en verstaan?”
“Ja”
“Nou ken jy Botswana goed?” Vra ek om nou nie onbeskof te wees nie. Die man het darem baie moeite gedoen om hier te kom.
“Nog nooit daar gewees nie.” Antwoord hy.
“Het jy darem ‘n wettige bestuurslisensie en kan jy ‘n handeviervoetvoertuig hanteer?”
“Nee. Jy kan mos sien en is ‘n Parapleeg. En voor jy verder vra, ek kan ook nie kook of kamp nie.”
“Nou hoekom het jy dan al die moeite gedoen en so ver gekom oor die advertensie?”
“Nee sien, jy het nie ‘n telefoonnommer gegee nie toe het ek maar net vir jou kom sê, as gevolg van my toestand ek sal ongelukkig nie met julle kan saamgaan nie.”