• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

blinde man

Started by Lox, September 04, 2011, 08:52:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Kuier vandag by skoonma hulle en my nefie wat by 'n slagpale werk en soms vleis met 'n lorrie aflewer vertel die volgende stuk. Ek moes lag.

Hy sien by die een verkeerslig elke keer die blinde man met sonbril en wit kierie en sy vrou wat hom lei aan die hand. Nou die dag stop hy by die verkeerslig en wink hulle nader. so lei sy die man deur die motors tot by die lorrie. hy maak die ruit oop en krap kamelaaik in sy sak vir kleingeld en toe hy sy hand te voorskyn bring is daar 'n rubberslang wat die 2 in die gesig kyk. 2 groot gille, die beker met kleingeld wat die vrou vasgehou het trek deur die lig en al 2, die blinde inkluis hardloop deur die karre soos een wat sien.

die vrou in die kar langsaan haal eintlik haar bril af om die trane af te vee soos sy lag en laat eintlik haar kar dood ruk toe die lig groen slaan.

ek dink ek moet dalk ook 'n speelgoed winkel besoek.........
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

hahahaha dits rerig snaaks!!!!  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
*The one and only AWESOME-EST


PM

Jy weet hy is nie blind nie, sodra hy jou meneer of mevrou noem nog voordat jy 'n woord gesê het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

die vindingrykheid van ons bakhand brigade is verstommend

Lox

hier in ons omgewing, dis nou paarl, worcester, touwsrivier, montagu, robertson, ceres is daar 'n ouerige blanke vrou wat langs die pad staan met emmer en lappe en skoonmaak goed in. so tel die ou wat by andrag werk haar op by worcester en gee haar lift rawsonville se kant toe. vertel sy dat sy motors was en huise se ruite dat sy nie hoef te bedel nie. op pad vertel sy dat sy kort R500 vir haar woonstel. raak die man se hart sag en stop by andrag op die dorp. by die slaghuis oorkant die straat is 'n autobank en so gaan trek hy geld en gee dit. Toe sê sy dat sy nie vleis het nie en hy gaan slaghuis toe en koop n sak vol vleis en toe smaak sy vir droë wors en hy koop nog R100 se droë wors ook.

Dink hy mos toe dat hy sy goeie daad vir die dag gedoen het en agterna hoor hy syt al klomp mense so gevang. hike heen en weer en vertel die storie van woonstel huur en vleis.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Die groot probleem daarmee is dat mense wat altyd graag wou help, nou 'n toe hand het.  Jy kry bedelaars wat "con artists" is, hulle weet hoe om jou melk uit jou koffie te bedel. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Hiet is altyd 'n outjie op die hoek naby 'n groot shopping centre wat se hy kort net tien rand om 'n bus te vang mafikeng toe, mense gee dit altyd vir hom.... hy het seker so jaar of wat terug daar begin staan en die 10rand begin kort... ek sien hom baie baie gereeld daar en hy weet nou al ek gee vir hom niks nie. 
*The one and only AWESOME-EST


PM

Hier is dit ook 'n gereelde storie Lox. 
Die ander een is dat meneer se huis afgebrand het, sy vrou en kind is dood verbrand en hy het net R30.00 nodig om by sy plek uit te kom. 
Deesdae sien ons ook jong vanilla koekies wat kom bedel vir melk en doeke vir hul babas. 
Daardie plakkaat wat sê:  4 children, no job, God bless you.  Hannes sê hy kan sien wat hulle doen i.p.v. werk.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

onthou dis ook apartheid se skuld
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Chichi

*The one and only AWESOME-EST


Naas

"God bless you, He already blessed me with four children and stupid people like you to support them.






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.