• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boom..

Started by Angelica, August 21, 2011, 05:39:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Boom

jy sambreel soos 'n reuse akker
bo-oor my   oor my
gooi jy jou skadu
beskermend
teen swerk en bloedig son

die sefier uit die weste laat jou kraak
      soos ou hout wat breek
of nee, dis jy wat my gerusstel
ek eet jou vrugte van dimensies
      ryp in jaarringe

en altyd is ek maar daar
en altyd sambreel jy maar
altyd   
      soos skadu's onder bome



elle

PM

Mooi Elle, 'n pragtige nuwe woord "swerk" wat ek hier by jou kom leer het vandag.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

werelde weg


Angelica

WW, 'n 'swerk' is 'n donker dreigende wolk.
elle

PM

"swerk en sefier"  wolk en wind 

Lekker om jou raak te lees hier in Elle se plek WW.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

swerk kan ook beteken "hemel, uitspansel" en ek wou juis nou vra in watter konteks swerk hier gebruik word, as drywende donker wolke of hemel/uitspansel.

Angelica

Ek het 'swerk' gebruik om donker, donderend wolke, onweer, te beskryf.
Hy is die 'sambreel' wat my van bogenoemde beskerm.
Hy is die 'sefier', die lafenis uit die Weste wat my beskerm teen die aanslag wat my soms tref.
Hy het hierdie ongelooflike stem wat soos ouhout in my oor breek wanneer hy my gerusstel.
Hy is altyd daar, soos 'n skadu onder 'n boom. 


elle