• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Carnarvon Gorge Queensland

Started by Meraai vannie Baai, August 22, 2011, 01:22:16 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die voorreg gehad om vir 'n week lank so paar kilometer per dag deur hierdie aardse paradys te dwaal met Liewe Heer's wieletjies (per voet). Eerste foto is die uitsig waar ons gekamp het reg langs die creek. Skuif tog maar sebliefie so effe na regs met jou muis om die prentjies in geheel te kan sien. Die oumens is knoppies-gestremd  :icon_bigsmurf:


Meraai vannie Baai

#1
Gelukkig het Naas my voor die tyd gewaarsku om nie vir die plaaslike bevolking my kleurkryt te gee nie want hulle skryf op alles LOL. Ek plaas die inligting wat ek langs die staproete afgeneem het ook vir so effense 'agtergrond-geskiedenis' vir die maters.





Meraai vannie Baai

#2
Na baie kilo's se stap (en tien meter loodregte trappe) het ons siele kon verkwik in die  amfiteater




Meraai vannie Baai

Die mos-tuine was 2de gunsteling rusplek !!!






Meraai vannie Baai

Hierdie ou reus het my hart gesteel



Meraai vannie Baai

Natuurlik sal die klikbekkie ook die volgende inwonertjie moes afneem om reg te laat geskied aan die tipiese Gatkantlandse (Down Under) toneel  :toothy4:


PM

Dit is  Groots Raaitjie, ek kan glo dat jou siel vol gedrink is.  Die ou boom en sommer alles sou ook my hart gesteel het.  Dit is so pragtig.  Dankie vir die inligting.  Dankie vir die deel daarvan.  So bly julle is veilig tuis. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Groot voorreg soos altyd mater. Plaas gou nog enetjie om te wys dat dit soms amper hande-viervoet moes gaan om aan die oorkant te kan kom. Opgehou tel hoeveel keer ons die creek moes kruis so maar kan getuig dat ek dit GANIET het na ek my vrees vir val oorkom het :) Stewels in my hand en die klikbekkie in Outoppie se veilige hande het ek myself bederf om van klippertjie tot klippertjie te spring soos wafferse roo! Waar dit vlak genoeg gelyk het, het ek sommer waterlangs die anderkant bereik  :bootyshake:


PM

Sulke klippe kan slymerig raak so onder die water.  Ai, dit is so mooi en lyk so rustig, dankie tog vir klikbekkies!
Daai boom wen nog eerste prys Raaitjie. 
Om te weet is om te verstaan.