My broer verkoop opvoedkundige materiaal. As jy op die Cairoo skakel druk hierbo, dan sal jy sien. My seun verkoop radiobeheerde speelgoed en alarmstelsels asook sekuriteits kameras. Druk op die Models and All skakel om by sy webtuiste uit te kom. My dogter se skakel kort nog, sy plak en verf naels en vryf hande en voete.
Ek en my sus het die konfyt gekoop vir kersgeskenke maar ons het al die helfte uitgedeel en die ander helfte self opge-
vreeteet. Sy bestel sommer nou weer 'n dosie van 24 klein botteltjies appelkooskonfyt asseblief. Sy sê dit is die heerlikste konfyt uit en uit. Ek betaal haar solank met appelkooskonfyt elke keer as sy my hare kom sny.
Hannes wil 5 hange wyn hê. (20 dosies nê?) Ek adverteer nie die wyn nie, ek is bang die ander ouens koop alles op en dan is daar niks vir ons nie.
Die rosyntjies is nog genoeg. My skoondogter bêre vir my al die purity botteltjies. Ek maak dit vol rosyne en pak dit in die vrieskas. Dit kom oor my roomys en vla. Njam-njam-njammies!
Hannes se tegnikus kom die 19de September Kaap toe vir 'n week. Hy sal met hom reël om daar langs te ry en dit op te pik. Skoonsus sal weer vir jou haar konfyt oorbetaal en Hannes sal weer ons rekening oorbetaal.
Stuur net die "rekeningkies".
As jy wil hê Hannes moet die res van die boek se geld daarvan aftrek, spreek net die woord. Jy het R1200.00 hier in die bank vir die boek. Sê asseblief vir my hoeveel boeke jy wil bestel.
Nou ja toe, sommer hier onder Ceres, Karoo 3.
Ons wil mos adverteer. Wie verkoop nog wat? Ons sal 'n paar flitsliggies daarop gooi.