• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

nag-geluid

Started by Jeannedarc, March 07, 2013, 11:22:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Die Aandster, skaamsku
Knipoog haar goeienaand
As Vader Son sy kop
onder die westerkim insteek
vinkies, Mossies stilweg, ongesiens
in hul nessies ingesuig
en die Hadida se kreet van vrees
in die purper horizon verdween

in die verte lag 'n vroutjie
stilweg sag
die klingel van koppie en bord
versmeld, verweef
met klanke
wat oor die eter heen uitsweef
en die diep-bas blaf van buurmanshond
se gesels met teefhond straatblok weg

en soos die ure, minute
dan geluidloos die nag intik
so vervaag die veraf, naby aandgeluid
wanneer Klaasvakie, saam ,met kriekesimfonie,
met sy grafie sy sandjies strooi
in ogies groot
en ogies klein

en in daardie uur van die nag
waar die donker 'n inkswart skag
ontwaak uit soete slaap
deur iets wat ek nie weet
'n Skoensool skuur op teer?
En angssweet dribbel klewend, taai
Teen my buuste aan, 'n poeletjie op my buik
Wat bloedrooi skyn in amper-lig

Is dit 'n takkie wat breek
Onder rampokker stewel?
Maar kombers oor kop
Sal geen inbreker keer
En slaap is nou 'n dagreis weg
Net om stilweg ongesiens weer aan te val
En die nagduiwels die newels in te jaag
Was die nag-geluid maar 'n verbeeldingsvlug?

Fransi


PM

Pragtig Jeannedarc.  Ek het al vergeet hoe pragtig skryf jy.  Boektoe nê!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het hier kom loer na die boektoegoed.  Hierdie een moet beslis 'n kansie kry, maar as jy kan kom help met die leestekens sal ek dit baie waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Jeannedarc

ek sal so maak Mev Smit

Jeannedarc

Hier's hy weer - seblief mevrou se tog nou - is dit beter? Ek het so hier en daar gespeel maar kyk seblief en as ek iets gemis het, 'n leesteken, sit dit in, al is dit min.


Die Aandster, skaamsku,
Knipoog haar goeienaand
As Vader Son sy kop
onder die westerkim insteek
Vinkies, Mossies stilweg, ongesiens
in hul nessies ingesuig
En die Hadida se kreet van vrees
in die purper horison verdween

In die verte lag 'n vroutjie
stilweg sag.
Die klingel van koppie en bord;
versmeld, verweef, met klanke
wat oor die eter heen uitsweef
En die diep-bas blaf van buurmanshond
se gesels met teefhond straatblok weg

En soos die ure, minute
dan geluidloos die nag intik
So vervaag die veraf, naby aandgeluid
Wanneer Klaasvakie, saam met kriekesimfonie,
met sy grafie sandjies strooi
In ogies groot, en ogies klein

En in dáárdie uur van die nag,
waar die donker 'n inkswart skag;
ontwaak uit soete slaap
deur iets wat ek nie weet.
'n Skoensool skuur op teer?
En angssweet dribbel klewend, taai!
teen my buuste aan, 'n poeletjie op my buik
wat bloedrooi skyn in amper-lig.

Is dit 'n takkie wat breek
Onder rampokker stewel?
Maar kombers oor kop,
sal geen inbreker keer.
En slaap is nou 'n dagreis weg,
net om stilweg, ongesiens weer aan te val
en die nagduiwels die newels in te jaag.
Was die nag-geluid maar 'n verbeeldingsvlug?