• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

die groot besluit

Started by adele, August 22, 2011, 07:41:06 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

kan hierdie maar met die voor- en na-beskrywing, bundel toe gaan?




Hierdie gedig het sy oorsprong uit die lys woorde wat Meraai met ou-ou vergete uitdrukkings en spreekwoorde gebou het in die dae toe ons 'n woordeboek saamgestel het met woorde en uitdrukkings wat on-algemeen is by die meeste lesers.

'n Groot besluit

Met sy blikbeker help-my-sukkel langs hom
ontspan oupa Koot onder die pergola.
Janneman oefen in die voorhuis
allerhande draaie en vibrasies op sy donkielong
vir Saterdagaand se goggatik.
Oupa byt langsaam deur 'n kwaggakaiing,
sy gedagtes by die eikeblare
veilig onder sy klapperhaarmatras.
Die tweetoonboerdery het hulle wildste
drome by verre oorskadu.
Maar nou torring sy kinders
met 'n bombalie in dertienuur
dat hy sy janboel moet uitsorteer.
Hy vryf oor sy wangbesem en
besef skielik dat oorle Mientjie
hieroor baie onlekker sou wees.
Hy was nooit 'n kriewelkrapper nie,
vanwaar nou hierdie hekseketel
wat sy binneste omdolwe?
Hy besef nou dat sy geelvinke
ook hulle weg sal moet vind
na die kluis in daardie dorpsbank.
Hier is deesdae te veel drumpelvreters
wat die omgewing vol agterklap.
Hy geniet die lui-lappie met oorgawe,
ledig sy blikbeker en besluit
om maar sy kooigoed te gaan opsoek.


*Wangbesem - uitdrukking vir 'n persoon se bakbaard.
*Lui-lappie - verwysing na 'n klein pannekoekie.
*Help-my-sukkel is 'n verwysing na koffie.
*Kriewelkrappers - uitdrukking vir grille/geite of vol fiemies wees.
*Janboel is die humoristiese verwysing na 'n deurmekaarspul.
*Goggatik - verwysing na 'n dansparty.
*Krulopsolder /kwaggakaiing is verwysing na 'n koeksister (soet eetding)
*Donkielong is die verwysing na 'n konsertina.
*Eikeblaar is die verwysing na papiergeld/note
*Hekseketel is die uitdrukking wat verwys na 'n verwarde/onrustige toestand.
*Bombalie is die uitdrukking wanneer iemand 'n groot geraas/lawaai veroorsaak.
*Dertien(de)uur - uitdrukking vir baie laat in die nag.
*Drumpelvreter is 'n uitdrukking vir iemand wat lief is om baie rond te kuier.
*Agterklap is die minder bekende uitdrukking wanneer daar geskinder word.
*Geelvink is die verwysing na 'n "goue pond". (Na aanleiding van die kleur van 'n vink en die goue kleur van 'n pond)
*Tweetoon is die verwysing na 'n volstruis.
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Oe ek sukkel om stil te sit. Trippel op my stoeletjie van opgewondenheid. Ai nooi waar is die dae? Verlang ek myself stikkint  :crybaby2: Jou gedig is PRAGTIG!!  :notworthy:

Angelica

'n Groot heerlikheid vir my vanoggend. Ek het dit geweldig geniet.
Beslis baie on-algemeen.
Ek het nog nooit van een van hierdie uitdrukkings gehoor nie. Ek gaan hulle beslis onthou.
elle

PM

Jy verlang sê jy Raaitjie, na die dae toe ons woordkoekies gebak het uit die woordresepteboek!

Ek stem Angelica, wat 'n woordfees, dit voel of ek verjaar vandag.

Dankie Adéle, dit is 'n heerlike woordkoek vol a-b-c-vrugte! 

Asseblief Tannie Liewe 007, kan dit maar boek toe gaan?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

O ja beslis kan dit  :book1: toe gaan!!  :love7: :hello2:

Jeannedarc

Adéle

my apologie vir die vraag: kan die oupa op die pergola ontspan? moet dit nie eerder wees terwyl oupa onder die pergola ontspan?

adele

dankie Raaitjie, ek stuur dit boek toe.

Jeanne, niks te apologie nie, dankie duisend, ek het nooit besef dit klink nie reg nie. dankie hoor.

:grommit:
adéle  :grommit: