iewers in die duik seisoen het ek besluit ek wil i slag braai na die duik
en dis die resultaat gewees
ons was net 3, ek en peet en Gerrit
en tussen ons 3 het ons net 1 steak gehad
maak sampioene sous
ons het rooiwyn ook gedrink
vir julle wat van rugby hou sal dalk al opgelet het dat frist cape borg die leeus se wyn op hulle toer.
first cape gaan ook die komende naweek hulle bekendstelling van hulle wyne in SA hê. ek gaan more na die dinee saam met die britse leeu span, waar dit gedoen gaan word.
die wyn was so lekker dat selfs die ouens kom kyk het wat aangaan
net 1 steak, wonder wie gaan eet en wie gaan kyk, moet nog looitjies trek
omdraaityd
lekker waterbek
steak is reg
vaak na ete
ek wag vir die vraag hoekom nie op hout kole gebraai nie.
die dag is te kort
ek ry 6 uur na peet toe, kom daar so 1/2 9, dan eet ons krummelpap en ry see toe kom 1/2 10 by die see. stap 45 minute na die duikwater toe, trek aan en dit vat 15 minute
duik 2 ure
kom uit en sit en bak warm in die son, hou nabetragting, trek klere aan en stap terug. dan sit die son al ver verby middel en dan is ek so vrek honger kan nie nog wag ook vir die vuur om klaar te brand nie.
kole op see sand is ook gevaarlik, dalk trap iemand daarin