• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

duik gansbaai

Started by Lox, July 14, 2011, 09:50:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

ek het by peet my kreefduik maat gaan slaap op Bettysbaai.
woensdag oggend vroeg is ek en hy deur gansbaai toe om te gaan haaihokduik
eintlik is dit nie haaihok nie maar menshok want die mense is binne in en haai buite

die oranje boot is die een waarmee ons see toe is



daar is heelwat mense en bote wat daai haaihok duike doen

hier is een moewiese boot




dis die aas vir die haaie
stukke tuna en vis olie in die water




daar klim 5 mense gelyk in die hok en dan lok hulle die haai nader

soms draai hy teen die hok

die haaie wat ons gesien het was so 2 tot 3,5 meter




ek en malherbe het in die akwaruim gaan duik so 3 jaar gelede



en die ou afgeneem toe hy so 1,5 meter van my verby geswem het



en hiers een van sy 4 ander pelle





die adrenalien het die vlg dag nog lekker gepomp
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.