Ek sit al geruime tyd en wonder waarheen is my verhouding met die forum op pad?
Ek het altyd heerlik gekuier en spontaan nuwe skrywes geskep as gevolg van deelname deur almal op die forum.
Ongelukkig het die forum familie gekrimp en gekrimp en tans is daar drie van ons wat meestal onderwerpe forseer.
Bottom line, soos die Engelsman sê is dat ons besig is om 'n dooie perd kunsmatig aan die gang te hou.
Ons kan onsself 'n rat voor die oë draai en sê maar daar is nog besoekers. Besoekers wat wat doen? Ons werk steel?
Soos dit is kan ons maar net sowel op FB gesels.
Ek het die laaste paar weke alles probeer om lewe in die forum te blaas maar ongelukkig is ons net vier mense hier en meeste van die tyd is driekwart van ons besig met lewe en skuif die forum op die agtergrond. En dis reg so.
Probleem is omdat ons so min is vrek die forum stukkie vir stukkie.
'n forum is soos' n treinstasie waar daar dag en nag lewe is omdat baie mense kom en gaan. Vier mense kan nie die wêreld se besoekers gelukkig hou nie.
Luister nou my liedjie.
Ek lief elkeen van julle maar ek is klaar met kunsmatige asemhaling.
Ek sal nou en dan kom besoek aflê om te sien hoe dit gaan maar ek kan nie meer myself sover kry om lukraak in die lug te praat met stom besoekers nie.
Moenie my verkeerd verstaan nie. Ek besef dat nie een van ons heeldag en aldag op die forum kan wees nie so dit is niemand se skuld nie.
Ek kan net nie meer nie.
Die gesels op die forum het vir my kunsmatig geraak. Ons wil almal die forum aan die gang hou en daarom antwoord ons baie keer net om te antwoord.
Ons is vier mense wat uitgekuier geraak het.
Miskien oor paar maande is daar weer iets om oor te gesels maar tot dan gaan ek baie laag lê.