• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Leeupoortlapa

Started by PM, November 13, 2021, 02:29:35 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek kyk hoe kan ek foto's kleiner maak. 
Om te weet is om te verstaan.

Antjie Patat

Is my rondawel al in aanbou?? Ek vra namens n vriend

PM

Ratio 3.2
Moet dit nog kleiner wees?
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Smaak my in die tweede foto het Ta PM net die kB verminder maar die raam het amper dieselfde gebly. Dis amper soos om gewig te verloor maar dieselfde klere te dra. Jy lyk nog dieselfde maar jy is nettie meer so duidelik nie.

:mumum:

Naas

#4
Assie, smaak my nou dat jy 40 se kant toe staan raak jy lekker voor oppie wa. Jy moet respekte hê vir antie PM. Sy het hard gewerk om daai fototjie te verkleineer.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Assie

Skusie Oom Naas maar Ta PM weet ek het nou net proebeer help en nie disrespekte bedoel nie.

:mumum:

PM

Antjie Patat, ons kan net vir hierdie lapa mure om bou. maar dit is nou nie juis die bedoeling nie.  Ek meen, hier is nie plek vir 'n sirkel rondawels nie. 


Dankie dat jy vir my opkom Naas. 
Assie, as jy dan nou so slim is, hoekom kom help jy my nie en sê wat ek moet doen nie.  Ek is verlore en maak nie saak hoe ek ander ouens so 0 0 0 lek nie, niemand wil help nie. 
Om te weet is om te verstaan.