Antjie Patat se lewenslesse:Ons is gesit op plekke,
en in mense se paadjies,
op hulle stoepe of in hulle sitkamers
omdat ons daar bedoel is.
Ons verander mense se lewens
met elke wandel en wee....
Ons humorsin, ons mensewees,
trane, lag en spot is omdat dit
ons kenmerke as mens is.
Die oumense het nie doekies omgedraai nie, nie met gesegdes nie
en nie op die 'real deal' se agterstewe nie.
Sê my pa destyds, die elemente is iets
wat jy respek voor moet hê my kind.
Vuur, water, wind, sneeu, son...
moet nooit moeder natuur kwaad maak nie.
Jy maak ook nie kinders kwaad nie....
as jy hom moet foeter, dan foeter jy vir hom
dat hy weet hy is gefoeter, anders maak jy hom kwaad.
'n Kind wat kwaad is, verwoes alles, ook respek.
Ons speel wegkruipertjie, en soms is dit beter
om langer in die donker weg te kruip,
want die realiteit is soms 'n monster.
Maar ons is Afrikaners,
en wat is ons beste karakter-trekke?
Ons bou op en ons kyk op
en ons beur voort.
Ek wil niks weet van op die maan land,
ek wil op die grond bly
en nie afhanklik van baie nie...
groente tuine, vrugte en speserye tonnels.
Ek wil daaraan geheg wees.
* My ouma aan ma se kant het ook altyd gesê dat alles wat 'te' aan het, is onheil, behalwe 'tevrede'.
* 'n Mens moet nie wag nie, more is wel nog 'n dag, maar dis nie te sê ek is in daardie dag nie, nê?
Hier het ek ook van jou geskaaide bydraes bewaar Antjie:https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2391.msg34246;topicseen#msg34246https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4338.msg34245;topicseen#msg34245