• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vuurtjie

Started by Naas, April 15, 2011, 12:43:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Dis die smorende vuur wat swaarkry
en tog nie die kos kan gaarkry.

Dis die vrolike vlam wat klap en kraak
dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak
en sy swaarkry
met lekkerkry klaarkry.

C.J. Langenhoven.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

'n Pragtige lewensles van CJ. 

Wat dink jy is 'n hele versameling van sy werke werd?  Bedoelende,  as jy jou hande daarop kon lê, hoeveel sou jy bereid wees om te betaal daarvoor? 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek het nie 'n magiese idee nie. Maar dit sou vir my onskatbare betekenis gehad het.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Stof

Quote from: PM on April 15, 2011, 02:02:32 PM
'n Pragtige lewensles van CJ. 

Wat dink jy is 'n hele versameling van sy werke werd?  Bedoelende,  as jy jou hande daarop kon lê, hoeveel sou jy bereid wees om te betaal daarvoor? 

Is dit nou Kraaines Boekpromosies wat so effektief hier bemark?
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

 :sign10:  Iewers,  êrens,  moes jy vandag in 'n baie skerp "wielietjie" getrap het Stof!   :sign10:

Nee Liefie,  iemand wat ek ken het 'n hele versameling werke van CJ en ek wou maar net weet hoeveel ek daarvoor kan betaal.  Ek wil ook nou nie 'n gek van myself maak nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

adele

ek dink sy stel boeke is onbetaalbare Afrikana, dat iemand dit liewer moet skenk aan iemand wat dit sou gebruik indien hulle dit nie meer wil he nie, maar hier is 'n plek waar iemand sy stel vir R2 000.00 aanbied.
[ beslis nie iemand wat veel weet van die waarde daarvan nie want ek kan nie glo dit word sommer in die junk mail geplaas nie]

http://www.junkmail.co.za/v-capeads-cape-town-leisure-books-magazines-volledige-stel-langenhoven-boeke-16-eksemplare-QZQYCatQX0150QYRgnQX0004QYAdQXF50223QYEdQX201008

ek lees nou al die afgelope paar maande daardeur en kry stadigaan 'n besef van hoe wyd Langenhoven se kennis was en oor hoe wye horison sy werke gekom het, van die diepste, amper onverteerbare swaar werke tot die heerlikste humor wat mens more nog laat giggel.

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Voorwaar,  ek betaal R2.000 met 'n smile!  Ek sal dit ondersoek en kyk of dit nog beskikbaar is! 
Om te weet is om te verstaan.