• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Forum upgrade

Started by Naas, November 11, 2021, 08:16:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Ek weet hoekom Ta Raatjie en ek nie al die funksies van die forum kan access nie.
Ons gebruik verouderde weergawes van die forum. Die nuutste weergawe is 20.0.18.
Ek hardloop 20.0.15 en ek is seker daarvan Ta Raatjie s'n is nog ouer.
Die opsie om te upgrade by Moderate werk nie. Ek het dieper gaan krap maar verstaan nie 'n enkele woord van die prosedures om te upgrade nie.
Dit lyk asof mens die upgrades een een moet doen. Maw van 20.0.15 na 20. 0.16. As dit klaar is van 16 na 17 ens. Jy kan nie direk na 18 upgrade nie.
Maar soos ek sê, die instruksies is nie leekvriendelik nie.
Kan jy vir Jan Dink vra of hy iets kan skryf sodat ons net op 'n link klik en upgrades doen hulself?
Dis al hoe dit gaan werk. Ek kan vir Willa gaan kuier en hulp vra maar ek dink nie Ta Raaitjie gaan by Willa uitkom nie.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Ek gaan sommer nou vir Jan Dink vra.  Ek verstaan daardie deel dat dit nie "leekvriendelik" is nie.  Ek het dieselfde ervaar. 
Sodra ek die antwoord kry sal ek kom verslag doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek was al skoon skaam omdat ons nie regkom nie julle  :angel4: Duisend dankies Naas, PM.  :notworthy:

PM

Raaitjie, Hannes sê hy is BBC.  Born before computers.  Julle het nie nodig om skaam te voel nie, ek moet my skaam, want jy het al gesê jy kan nie foto's sien nie.   :color:
Om te weet is om te verstaan.

PM

#4

Jan Dink antwoord

Hallo Petra,

Almal gebruik dieselfde weergawe van die forum.  Dit is op die server installeer en nie op elke persoon se rekenaar nie.Dit is dalk moontlik dat party mense verouderde web browsers het, wat nie so lekker met al die forum funksiese werk nie.Ek kan die forum vir julle opgradeer na die nuutste weergawe.  Dit is dalk 'n goeie idee vir sekuriteit etc.
As die probleem is dat mense ou weergawes van browsers gebruik, of dalk heeltemal ou browsers soos Internet Explorere (wat niemand meer moet gebruik nie, behalwe as jy hou van moeilikhied en virusse... :-) ), dan gaan die forum opgradeer nie die probleem oplos nie,maar dis nog steeds 'n goeie idee om die forum op te gradeer.
Groete
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek gebruik Google Chrome. Nie idee wat die verskil is nie  :icon_bigsmurf:

PM

Ek het ook Google Chrome Raatjie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Saak nie maak hoe ons sokkel, vir nou kan ons gelukkig nog saam kuier: PM ons kuier 'n holte uit 'n gat.  Dit lyk so in ons forumtaal -  'n 0 uit 'n 0.

:bootyshake: :notworthy: :headbang:

PM

Kom ons kyk of dit 'n verskil sal maak as Jan Dink die forum opgradeer. 
Gister toe ek so sit en opsommings maak, besef ek hoeveel keer dit gebeur het dat die hoofdoel van die forum verskuif het.  Vandag is dit om lekker saam te kuier en more swoeg en sweet ons weer aan 'n nuwe opdrag.
Dat ons liefde vir ons taal op die voorgrond is, is nie te betwis nie.   :love7:


Verseker kuier ons 'n 0 uit 'n 0.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Assie

Oupa sê dit lyk vir hom Jan dink het 'antwoord vir al die oplossings...
:mumum: