Author Topic: Wat 'n wonderlike plek  (Read 4134 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Wat 'n wonderlike plek
« on: September 08, 2021, 10:17:40 PM »
Ag, ek wil net sê, die forum is vir my 'n plek van ontglipting, as daar so 'n woord bestaan.  Ek ontglip my daaglikste verantwoordelikheid vir 'n oomblik, ja, net vir 'n oomblik.  Ek neem daardie oomblik om te lag vir die komiese in my dag, in my uur, of whatever.  Ek weet net, as ander dikbek deur die lewe gaan, dan maak ek 'n tydjie om te lag, want dit hou my bymekaar.  Hulle sê, an apple a day keeps the doctor away, maar ek sê, lag 'n slag, dit maak jou dag en hou jou goeters bedag.  (Dit is nou jou longe, lewer, hart, niere en dinge.)

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Wat 'n wonderlike plek
« Reply #1 on: September 08, 2021, 11:08:16 PM »
 :icon_salut: :book1: :headbang:

Stem volkome saam PM. Vir lank was daar net 'n mens se eie skaduwee wat jou in die gange gevolg het en toe ek terugkom van langverlof is daar weer asems en nie net spoke nie. Hiep hiep hoera, ek kan weer julle woorde gaps en bewaar in versvorm ook! 

Sê jou sê

Ag, ek wil net sê
die forum is vir my 'n plek
van ontglipting, as daar so 'n woord bestaan.

Ek ontglip my daaglikste verantwoordelikheid
vir 'n oomblik ja,
net vir 'n oomblik.

Ek neem daardie oomblik om te lag
vir die komiese in my dag,
in my uur, of whatever.

Ek weet net, as ander dikbek deur die lewe gaan
dan maak ek 'n tydjie om te lag
want dit hou my bymekaar.

Hulle sê an apple a day keeps the doctor away
maar ek sê, lag 'n slag dit maak jou dag
en hou jou goeters bedag.

(Dit is nou jou longe, lewer, hart, niere en dinge.)

© PM


 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wat 'n wonderlike plek
« Reply #2 on: September 09, 2021, 06:21:32 AM »
Jy bly maar die wonder in hierdie wonderlike plek lief vriendin.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.