• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Plig of plesier?

Started by Meraai vannie Baai, September 23, 2020, 03:25:48 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Plig of plesier... waar leg die verskil
verwonder ek myself half silly
of musiek my straks eendag
terug sal voer na die arms van Outop
of sal ek dalk stuitig begin wals
op die wasmasjien se deuntjie
met 'n mandjie in my arms...
ek krap steeds kop want nugter
weet wat ek gaan onthou op my oudag
plig of plesier?

PM

Goed gestel Raaitjie.  Dit klink vir my of jou pligte 'n plesier is.   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
Skote Petoors... PM, ek het gewonder of iemand dit gaan raaklees  :icon_biggrin: ek het so gelag gisteroggend toe ek die wasmasjien se deuntjie hoor en instinktief gewonder as ek eendag dalk 'deurmekaar raak' soos my moederlief of die klanke my dan sal terugneem na die onthou van al Outop en my danspassies in die gees of gaan ek begin soek na die wasgoedmandjie...

Ek ken myself goed genoeg om te weet dat ek sou dans met die mandjie ook en net daar weet ek dit sal dan my "PLIGSIER" wees.

Naas

"Jonas, is seks 'n plig of 'n plesier?"
Jonas dink bietjie...
"Dis 'n plesier my Oubaas."
"Nou hoekom seg jy so Jonas?"
"As dit 'n plig was sou my Oubaas mos lankal vir Jonas geroep het om dit vir Oubaas te doen."


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

 :headbang: :hello2: O my genadetjie Naas, ek moet nou eers vir Outop gaan soek en sy kiewe ook 'n bietjie laat oefen  :icon_biggrin:

PM

Nou ja toe!  Daar het jy dit.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.