• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Gee my nog 'n kans.

Started by PM, August 23, 2020, 07:04:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As ek 'n tweede kans kon kry, met dieselfde ervaring en met dit wat ek vandag weet, sou daar so baie dinge wees wat ek anders sou doen.  As ek maar 'n kristalbal kon hê!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


PM

Ek het al soveel keer gehoor mense seg hulle is heel gelukkig en sou niks wou verander nie.  Ek, in teen deel, het soveel waaroor ek jammer is en met 'n tweede kans kon doen. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

As ek weer kon 
sal ek my kleuterlewe langer maak
my derde en vierde lewensjaar elk twee jaar lank leef

my eerste skooljaar kan gaan
my graad twee en drie dalk ook
maar daarna sal ek twee grade in een jaar inpas

want die lewe gaan wag
en mos te kort wees
vir alles wat ek met nou se kennis gaan wil doen

ek gaan heeldag leer
en geen tyd verspeel
behalwe om als in my verbeelding neer te griffel nie

die regte keuses
sal voor my oopgesprei wees
en ek sal daarmee net gaan leer wat nodig is

ek gaan nie gou weer trou
om vir familie huis te hou nie
maar eers in die Beloofde Land gaan toer

sonder ervaring
sal ek ook wil grou en soek
na als wat eeue reeds toegegroei en begrawe is

ja om verhale te vertel
oor die lewenstyd van Israel
dit sal ek dan veel later aan my kinders wil vertel
:icon_study:   :love7:   :icon_study: 


©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hoe kosbaar is jou woorde nie matertjie!  :book1: :hello2: :icon_salut:

PM

Skuus dat ek nou eers antwoord.  Ek het probeer maar die internetduiwel het kom voeter.


Ek het jou bydraed baie geniet.  Dankie daarvoor.   :love7:


Om te weet is om te verstaan.