• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die geelmaan

Started by adele, June 06, 2012, 10:11:08 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ah Willa

Ek is mal oor die nuwe verwerking van jou prag gedig Adele .. ek hoop jy is innie boek - dis 'n pronk stuk hoor
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

#16
Ek wag dat die geelmaan
sy kleursel
oor die skurwe water verloor
en luister hoe skemerwinde
deur die dag
se flenters
waai

Laer af
teen die waterkant
speel swartwildebeeste
bok-bok-staan-styf
en verderaan nestel 'n renosterkalf
vir slaapplek teen sy ma se lyf

Bokant die kloof boggom Kees -
diep-waarskuwend
oor rondlopers in die nadernag
en jakkals se kind
vat snuif-snuif die pad 
agter sy nagprooi se spore aan

Ek verwonder my
weer 'n keer
aan die grootse skeppingsharmonie,
wat uur na uur se kringloop
in eeue laat vervloei.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Lieffffffff dit. Gou deur al die voorstelle weer gedwaal en jou eindproduk is boektoegehalte mater  :book1: :notworthy: :icon_salut:

adele

Dankie liewe lief vriendin  :love7:
adéle  :grommit:

PM

Weereens 'n pragtige voorbeeld van hoe ons saamspeel in die woordtuin.  Ek is so lus om 'n gedigskool te begin hier in Leeupoort.  Natuurlik ook vir die samesyn.  Dit raak vreeslik eensaam hier. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

Wens ek kon Nader gaan bly
adéle  :grommit:

PM

Dit sal fantasties wees lief vriendin.  Ek wens al my skrywersvriende kan net hier naby kom woon.  Ek mis julle met oorgawe.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

adele

((((((((((((((((( :love7:   :coffee2: :love7:  :coffee2: ))))))))))))))))))))))
adéle  :grommit: