Author Topic: botswana toer - vic falls 10 C  (Read 8344 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
botswana toer - vic falls 10 C
« on: July 05, 2011, 09:40:42 PM »


320 F wys die pryse om by Zim se kant by die valle in te gaan.
Ons het US $ 5 minder betaal en selfs in rand ook afslag gekry ek glo dit was agv die toerisme getalle wat afgeneem het.




Al wat nie lekker is nie is die plaaslike bevolking wat jou vreeslik lastig val om iets aan jou te verkoop. Wanneer jy deur die grens is, wag die ander land se verkoopsmanne jou daardie kant in, en woorde soos nee dankie, nee ek stel nie belang nie, NEE, gee pad, los my uit, voertsek en selfs nog erger woorde skrik hulle nie af nie, nie in enige taal nie. As jy soos ‘n ordentlike mens groet het hulle jou en sit soos … aan wolkombers. Hulle weet ook hulle mag nie want toe daar ‘n polisieman verby ry verdwyn hulle met die goed onder die hemp weggesteek en sodra die polisie verby is, is hulle weer op hulle pos hier langs jou.

321A








322 f wys die ry lorries tussen Zim en Zambië, nie so erg soos by die ferrie nie maar ook erg genoeg, seker so dag of 2 se staan. Ek glo die pad was eens op ‘n tyd geteer. Daar is heelwat lorries van die Kongo af wat koper na Pta neem. Ek sê toe vir die een lorrie drywer dat hy sommer die koper reguit na die scrapyard kan neem want dis in elk geval waar dit binnekort gaan wees. Dalk moes ek hom sê om sommer China toe te ry met die vrag.



323 A Albertus staan hier aan die punt van die brug oor die rivier. Dit is die brug waar die RSA en Zambië regering in die trein beraad gehou het.



 324 A die soldaat sê hy pas die brug op, maar teen wat hy die brug moet beskerm kon hy ook nie sê nie.



325 A hier spring nog een na benede……………..

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: botswana toer - vic falls 10 C
« Reply #1 on: July 06, 2011, 01:35:56 AM »
As ek so spring staan ek wraggies bekend as oorle meraai!

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana toer - vic falls 10 C
« Reply #2 on: July 06, 2011, 07:51:57 AM »
As ek so spring staan ek wraggies bekend as oorle meraai!

dink net waar kan jou derms heen ruk in jou gorrel af.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10694
  • Gender: Female
Re: botswana toer - vic falls 10 C
« Reply #3 on: July 06, 2011, 01:37:39 PM »
Daai spring is ook nie vir my nie, ek het ander goed wat my wind sal uitslaan! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: botswana toer - vic falls 10 C
« Reply #4 on: July 06, 2011, 03:14:58 PM »
3 dae lank na asem hyg
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.