• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hunkering

Started by adele, September 22, 2021, 02:00:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Hunkering

Ek wil vir jou
duisend woorde op die seesand skryf
nie op oral se strande nie
maar,
op 'n alleen-eiland
ons eie stukkie paradys
wil ek vir jou,
en jy dalk ook vir my,
duisend woorde op die seesand skryf
sou die soutwater
daaroor rol
en my woorde die dieptes insleep,
wil ek nog steeds vir jou
duisend woorde op die sand neerskryf

Ek sal bly hoop
en in liefde glo
en elke dag die eilandbriewe in my hart
op die seesand gaan lees
want net miskien,
miskién
is daar ook vir my
op die fyn sand van ons eiland
duisend liefdeswoorde uit jou hart geskryf

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Ag maar dit is mooi!  Duisend woorde kan nie vir jou vertel hoe dankbaar ek is dat jy jou skryfwerk altyd met ons deel nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

adéle  :grommit: