• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

’n Kis word verby gedra …

Started by adele, December 08, 2018, 09:30:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

'n Kis word by ons
verby gedra ...

Dis wanneer ek my gedagtes,
daardie van lank gelede,
uit my hart gaan haal
in 'n vlag toedraai
en oor jou spore neerlê

ek verwoord ons saamwees,
stof die langste aande
se stories effens af,
onthou hoe ons
gedemp moes fluister

ek klim van ons herinneringe
se hoofpad af weg,
vermy die loopgrawe,
die onverstaan van die seer
wat nie wou agterbly

ek vat jou hand in ons onthou
en voel jou hart se vrede,
uit jou weggaan laat jy vir ons
die vreugde van jou geloof,
die vrede van jou liefde
as les en wysheid na.

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ons onthou's is een van die kosbaarste skatte. Pragtig verwoord soos altyd mater.

adele

Hoe meer ek oor daardie tyd in ons lewe lees en beleef, hoe dieper die hartseer, lief Raaitjie. Hartseer omdat bedrog en verraad so baie plaasgevind het, maar ook oor oorloë wat mense verhoed het om die Evangelie uit te dra of te hoor ... Hoeveel mense sterf 'onnodig' ... en dan moet verraad lewenslange haat tussen familielede bewerkstellig  :crybaby2:
adéle  :grommit: