• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kom sê net eers koebaai

Started by Ans Botha, July 24, 2020, 09:40:51 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

Kom sê net eers koebaai

©Ans Botha   08/05/2020   11:38

ek sien jou mirrage in die son
nooit was jou wese so aanloklik
maklik vir my om langs jou te staan
soos in die ou, ou dae

ek was so seker ons liefde sou ewig bly
maar jy het deure toegeslaan voor my aangesig
dit sou so maklik gewees het om maar net te bly
jou liefdeslied net aan my te sing

moenie weer verlief raak op my
ek is maar net 'n dromer wat stry
met die winde wat waai en draai
sal jy my net weer vernietig om 'n draai

kom sê net eers koebaai vir 'n laaste keer
voor jy die langpad stap na môre se lag
slaap 'n laaste keer saam met my in die maanligbaan
voor jy my vaarwel toewuif in die sonligstraal

ek sien jou mirrage in die son
ek was so seker ons liefde sou ewig bly
moenie weer verlief raak op my
kom sê net eers koebaai

vir 'n laaste keer . . .

PM

Mooi geskryf Ans.  Lekker om jou weer tussen die lyne raak te lees.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.