• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Laaste skanderings.

Started by Meraai vannie Baai, July 25, 2012, 09:26:47 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek gaan weer so twee dae weg wees. More word die laaste skanderings geneem om seker te maak alles werk met die innerlike tikker soos dit moet. So van tikkers geskryf:

‎2 maaitjies sit op die mat en speel met 'n stukkende stetoskoop. Die 1 soek angstig na sy hartklop, maar kan dit nie hoor nie. Sy maaitjie se toe: "Maar onthou jy dan nie? Jy het mos jou hartjie vir Jesus gegee!"

Ah Willa

Dis nou oulik - ek hoop die skanderings gaan wys dat jou harjtie mooi veilig in Jesus se hande rus  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Dankie baie baie Willa. Ons glo dat alles normaal sal wees en die lewe weer voort sal kan gaan soos voor hierdie gedoente uit die bloute ons getref het.  :notworthy:

PM

Ons dink aan julle Raaitjie.  Ek is vol vertroue dat jou dokter jou hartjie sal hoor    ritmies      klop. 
Dankie vir die glimlaggie.  Kostelik. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Julie 2012 - ek kom vanaand op hierdie plasing af toe hoop en vertroue nog hand-aan-hand my skaduwee was.  Hierdie skandering het twee letters uit die alfabet dwars oor ons lewenspad kom plaas en niks was daarna ooit weer dieselfde nie en tog pas mens stelselmatig by alles aan besef ek weereens.

adele

Solank jou hartjie by Jesus is, kan niks jou uit die Ewige Lewe skaad nie ....
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Soos altyd is jy daar lief mater van ons met woordkrukke. Lief jou! :love7:

PM

Kyk hoe het die tyd gesnel.  Ons is tog te dankbaar dat jy nog sterk staan Raaitjie. 
Ek lig my hoed vir Outop en almal wat jou so bystaan en ondersteun.  Sonder hulle is 'n mens verlore. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#8
Verseker PM! Ek dink die versorger/carer se rol is DIE belangrikste ondersteuning in enige kroniese toestand. Besig op die oomblik met navorsing om vir ons 'n aparte plasing te skep vir hartversaking. Het reeds heelwat by die PH artikel gedeel maar voel tog na aanleiding van jou eie kennismaking met hierdie energie tappende, asemrowende toestand en die vrae wat daagliks instroom by die twee ondersteuningsgroepe waar ek aangesluit het, dat daar 'n geweldige behoefte is vir inligting rondom hierdie toestand. Is dit reg met jou? Sal so graag jou eie persoonlike ervarings daar wil sien.  Het reeds wonderlike inligting bymekaar rakende hart palpitasies en ritme afwykings a.g.v hartversaking wat vir my persoonlik goud werd was!

PM

Natuurlik is dit goed met my.  Ek sal vir jou 'n plekkie gaan skep. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Dankie sooooooo baie baie  :love7: Sal DV more oggend begin met van die plasings. Wil ook loer na dit wat ek reeds gedeel het wat sal aanpas. Nie almal wat hartversaking het, dra kennis van PH nie en sal dus van die inligting wat ons reeds het, gemis het. Verkies jy dat ek meeste van die inligting weer vertaal?

PM

As jy tyd het sal dit wonderlik wees om dit in Afrikaans te lees Raaitjie.  As jy nie tyd het nie kan jy dit net so plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal tyd maak om te vertaal waar moontlik hoor  :icon_salut:

PM

'n Mens kan altyd op jou staatmaak.  My pa het ook gesê, gee vir die besigste ou die meeste werk, want hy/sy kry altyd tyd om dit te doen.  Dit is die ou wat heeldag sit en niks doen  nie, wat nie "tyd" het nie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.