Jammer dat ek julle so aan 'n lyntjie gehou het. Ek is gebore Elizabeth Conradie op 29 November 1959. My pa Franz Conradie, was 'n skrywer en baie lief vir geskiedenis en veral die
Afrikaanse taal en geskiedenis. Meeste van die onderwerpe sal dus van sy skrywe wees, want ek was bevooreg om al sy skrywe te erf, daarom wil ek dit graag met mense deel wat ook 'n passie vir Afrikaans en sy mense het. My pa het ook 'n boek geskryf oor
Sterrestories, dus deel ek dit ook graag. Dan wil ek graag mense inlig oor
bipolêre gemoedsteuring.
Wees geduldig met my want ek is besig om 'n nuwe besigheid te begin en dit vat nogal baie van my tyd. Ek moet ook nog leer hoe om die program goed te gebruik.
EK