Uittelrympies: Dit is rympies wat kinders tydens groepspeletjies ritmies opsê. Soms is van die uittelrympies totaal onverstaanbaar weens verbastering. Ek deel 'n paar sprekende voorbeelde van hoe uit die 'brokke en skerwe' van reeds bestaande rympies, nuwes kon ontstaan:
Ellietjie, kelellietjie kelykeklok,
Uitgestole uit die hok,
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe, ag, nege, tien,
Die beul blaas op sestien.
(Zastron).
Bik, boek, baas,
Een pond kaas,
Eet dat jy nie meer kan in kry,
Dan is jy vry.
(Die Huisgenoot, 17 Maart, 1924, bl. 29).
Een, twee, drie, vier, vyf, ses, sewe,
Om die hoek van mama's skewe,
Ongeluk - dientje, ongeluk - daantje
Môre kraai die honderhrantjie.
Kejoeps! Suiker en kaneel
(Die Huisgenoot, Jan. 1923 bl. 384)
Hoendertjie, kapoendertjie, gebraaide spek;
Die man op strooi,
Ver van die huis af is so mooi.
Tot by tot, hamba sot,
Jan Kapelonie, op-sy-dot.
(Die Huisgenoot, Des. 1922 bl. 334).
Een, twee, drie, vier, vyf, ses,
Sewe, ag, nege, tien, en elf,
Die koning van Delf,
Die koning van Dort,
Gaan jy maar vort.
(Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335).
Drie dae melkrys,
Drie dae vry,
Ses soldaatjies op 'n ry.
(Die Huisgenoot Des. 1922 bl. 334.)
Een patat, twee patat,
Drie patat, vier;
Vyf patat, ses patat,
Sewe patat weer.
(Die Huisgenoot, Jan. bl. 385.)
Ek is ek en jy's my gek,
Bonte vark en dikke spek,
Alles in 'n groot swart pot,
Vat dit en jy het die vrot.
(Die Huisgenoot Des. 1922 t.a.p.)
Een, twee, drie,
My moeder heet Marie,
En heet sy nie Marie,
Dan heet sy tog een, twee, drie.
(Tante Kota, bl. 29, Worcester)
Onder die groene bome,
Daar leg 'n Engelse skip.
Die Fransman is gekome,
Hy is so gek as ek;
Hy dra 'n hoed met pluime,
Gans bedek met lint en strik.
Kom laat ons telle
Onder onse selwe:
10, 20, 30, 40, 50, 60, 70, 80, 90, 100.
Ou Delima blaas op sestien.
Ena dena kat op sena, solder jana,
Polka pana, elsie pelsie, troef!
(Die Huisgenoot, Des. 1922, bl. 335.)
BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php