• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Koffie-koek

Started by PM, March 30, 2011, 04:27:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Koffie-koek

So maak mens:

Stel oond op 180 grade C.
Klop 6 JUMBO eiers baie goed
Voeg 2 koppies suiker geleidelik by

Meng 2 eetlepels koffie poeier in een koppie water, 1 telepel karamel geursel en ½ koppie olie by.
Roer goed.
Gooi geleidelik in eier-mengsel.

Sif 2 koppies koekmeel, 2 telepels bakpoeier en sout en vou in mengsel.
Meng liggies en gooi in 2 diep koekpanne.

Bak ¾-uur tot 1 uur.

Laat afkoel.

NB. Koffie kan weggelaat word vir gewone koek.
Kakao kan bygevoeg word vir sjokolade koek.
Gebruik enige soort geursel.

Versiersel

Klop 125g margarien tot sag
Voeg 1 gewone eier by en klop goed.
Meng 1 eetlepel koffie-poeier met bietjie water.
Gooi versiersuiker by tot smeerbare mengsel

Smeer karamel kondensmelk tussen lae en gooi sjokolade krummels bo-op.
Om te weet is om te verstaan.