• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Geliefde Karring

Started by adele, February 11, 2013, 09:25:02 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Geliefde Karring

Hoeveel room, ryk en lekker,
het jy in jou lewe geknie?

Tonne ponde sonskyngeel botter
het ons uit jou pens geskep
en op skaapwagtersnye warm brood,
tuisgebak met donker, vetblink korsies,
onder vyekonfyt gesmeer

en smaaklike karringmelk
in enemelbekers geskink
om panne vol bros beskuit,
vir dagbreek se koffiedoop
in die koolstoof se binnekamer
tot goudkleur te bak en te droog.


:grommit:  
adéle  :grommit:

PM

Baie oulik Adéle.  Vat jy my nou ver terug na my kinderdae. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

#2
En nou onthou ek weer daardie duisend en drie blinke bakkies van die seperator op die delwerye wat ekke as kind moes was en die reuk van vars room  :love7: Pragtige ekphrasis Adele!!

adele

dankie vir jul saamkuier in die verlede.

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Nostalgies lees ek oor die skouer van 'n besoeker weer 'n keer en geniet van vooraf  :notworthy:

adele

adéle  :grommit: