• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

die lewenskanker van fisiese en emosionele seerkry

Started by adele, March 25, 2018, 10:30:24 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

die lewenskanker van fisiese en emosionele seerkry
in hierdie lewe, laat mens soms sprakeloos ...

deur die velde en woude
wandel ons
hand aan hand
ontmoet veel seerkry
in die lewenswoestyne
aan die see se kant
krap deur die boonste
lagies mos en stof
digte blaremat
tel gapende wonde
en bloedvlekke op
en pak dit in 'n krat

daar is kanker
van klein en oud
se vel en vlees
diep pynletsels
van teleurstellings
net sommige wel genees
dan smeek sonstraaltjies
en sterre se silwer
ons om saam te gaan
bietjie vreugde te gee
saam met chemo
in die lig van die maan

ons het 'n Vader
in die Hemel
en op aarde
vir Hom is ons
Sy skepping
se hoogste waarde
hand aan hand
neem ons mekaar se seer
en dra dit terug
na waar Hy vir ons wag
om ons teer te genees
op Sy ewige lewensbrug

©adéle theron
adéle  :grommit: