• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

in die Grand Canyon vernietig

Started by adele, February 10, 2018, 09:13:18 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

in die Grand Canyon vernietig ...

hy huiwer op die walle

van die Grand Canyon

met emosies

onbeheersd

aan die gallop



tot hy vir die winter

van sy lewe

nesskop

in een van die vele grotte

teen die myldiepte afgrond



eeue later

meedoënloos vervolg

vind sy kind hom daar

deur 'n haat

(vol muggies gevoed)

gun hom geen vrede

geen deel

aan 'n liefde

waarvoor hy alles uit sy verlede

as offer gegee het



vrywillig

gee hy weer mee

en tuimel die rotsdieptes

onder kinds-oorstamphand af,

want tussen die geskenke

uit wyse Hand

Geloof, Hoop en Liefde

bly kindliefde die grootste

die kosbaarste

(selfs buite bloedband)

aan 'n ouer geleen


©adéle theron



adéle  :grommit:

PM

Dit gee my rillings van lekkerkry.  Pragtig geskryf matertjie.
Om te weet is om te verstaan.