• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Testament dof en vergeel

Started by adele, January 20, 2018, 04:19:58 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

geskenk van Ewig Tyd
het dof vergeel
onder woestynson
verlate bly lê,
uit brasse vreugde
vergete met
gewetes versmoor toe Bacchus
sy walle oorstroom

verlorene heiden verdwaal
om onder 'n doringbos
na sterwe te smag,
knielend sy hande omhoog
te vul met reën-
raarste natuurgawe
in hierdie sondig heuwelland

open sy oë skaam en sku,
met nat perkamentgeur
aan hom geskenk
die Testament
deur ander verwerp,
gulsig smagtend na genade
dit teen sy hart vasdruk,
prewelend 'n dankgebed
wanneer die Engel weer vertrek.


©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Ek het dit weer kom lees sodat die boodskap tussen jou lyne na behore kon insink. Pragtig verwoord!

adele

adéle  :grommit:

PM

Ek verbaas my steeds, die gawe wat party mense het om sulke gedagtes so meeserlik op papier vas te lê.
Goed gedoen Adele.  :read2:
Om te weet is om te verstaan.