• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Beloftes maak skuld, of nie?

Started by PM, April 05, 2011, 03:01:40 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Vanoggend gesels ek en Ouma oor mense wat vir jou die son maan en sterre beloof en sodra jy vra vir een sterretjie dan is die beloftemaker soek. 

Sy vertel hierdie staaltjie:

Oom Jan beloof vir Sannie 'n pennie as sy in die oggend die beeste veld toe jaag.  Na 'n paar dae vra sy vir oom Jan wanneer kry sy nou haar pennies.  Teen hierdie tyd moet sy al 'n paar pennies ryker wees.
"Nee,"  antwoord hy haar, 
"'n mens kan nie belowe en betaal ook nog nie,  dit is te dubbeld."   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

bloubefoeterd

PMpie

Ek het belowe ek sal hier wees en hier is ek!

My belofte is nagekom. Een twee drie blokmyself!

Hier gaan ons nog lekker kuier!

bloubefoeterd

Wat kom na suigeling? Ek weet ek suig aan die ou twakkies maar maak dit my 'n suigeling? Ek het aspirasies jy weet!

PM

O hallie ha!  Dit is al laat al en die "daardie wa" is al op straat al! Nee matertjie,  nou vra jy my vas,  ek sal more moet gaan kyk en jou antwoord!   :icon_biggrin:   

Baie hartlik welkom my matertjie.  Ek kan jou nou nie pennies aanbied nie,  maar my uitnodiging vir 'n lekker braaitjie staan nog punt in die wind.  EN, ons huis is 'n "suigeling" huis.  PM suig vir 'n vale en al die ander "nie-suigelinge" is ook welkom.  Die ouens wat 'n probleem met "suig" het,  ons het werklik 'n pragtige tuin!  Kom geniet dit!   :icon_biggrin:

Een ding wat julle nog van Hannes en PM sal leer!  Ons is mal oor kuiergaste!  Lui net die klokkie!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek lui en lui die klokkie in 2018, en toe onthou ek in SA slaap julle nou en toe wonder ek of daar nog iewers op die aardbol 'n nagwa te vinde is  :icon_bigsmurf:

PM

#5
Dit is 'n goeie "wonder" Raaijite. 
Ek weet dat Dubai 'n geweldige groot probleem met hulle afvalsisteem het.  Hulle maak gebruik van groot "suigtrokke" om die afval weg te neem. 
Of daar nog sulke gevalle is soos wat ons in SA gehad het so sestig sewentig jaar gelede weet ek nie.  :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Daai trokke ry nog hier rond. Daar is hier by ons nog huise wat nie aan die rioolstelsel gekoppel is nie. hulle het dus rioolputte wat vol raak en dan deur die trokke leeggesuig moet word so al om die tweede maand, afhangende van hoeveel die mense in die huis geeet het.  :bootyshake:
Ons noem die trokke "Suigende Sannies". In Ingels "Sucking Suzans"


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Nou toe nou. Daar het ek alweer ietsie geleer. 'Suigende Sannies' hehehehe. Klink soos 'n titel wat dadelik baie verskillende beelde gaan optower lol.

PM

Toe ek 'n klein dogtertjie was het ons 'n beskuie huisie in Danville gehad.  Die "kleinhuisies" het emmers ingehad en so teen twaalfuur snags, het die nagwa die afval kom verwyder.  'n Man het 'n goiingsak (een hoek ingevou) oor sy kop getrek en die emmer daarop geplaas en dit na die nagwa toe geneem. 
Die volgende oggend kon jy soms nog sien waar die streep leg soos wat dit bo-oor gestort het.
Van daar die gesegde: Dit is laat al, die k@kwa is op straat al. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Lag ek nou vir jou "beskuie" huisie. Die pas so reg by die onderwerk.
Ek vermoed jy bedoel beskeie.
My ma en Ouma het altyd gese my broertjie het weer sy doek beskuie. Afgely van beskuit, die mooi woord vir bek@k. So julle kleinhuisie was sekerlik beskuie.  :evil6:  :pottytrain2:


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai


PM

Ja Naas, , jy vermoed reg.  Van al die beskuite het ek nou bietjie deurmekaar geraak.  (Bobjaan) My gatseggies ly mos aan die flikkerligsindroom.  Dan werk hulle dan werk hulle nie. 
Om te weet is om te verstaan.