Ek gaan my beste voetjie voorsit en 'n paar feite leen by
http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=60434’n Kwart van al die liggaam se bene is in die voete – daar is 52 bene in ’n paar voete.
Gedurende die eerste jaar van ’n kind se lewe groei sy of haar voete baie vinnig, en bereik amper die helfte van die volwasse lengte. Teen 12-jarige ouderdom is die kind se voete omtrent 90% van die volwasse lengte.
Elke keer wanneer jy stap en jou hakke van die grond af lig, forseer dit die tone om die helfte van jou liggaamsgewig te dra.
Dit is raar dat twee voete presies dieselfde is – een is dikwels langer as die ander een.
In een paar voete is daar 250 000 sweetkliere.
Die eerste voetbedekkers was waarskynlik dierevel, wat mense van die Steentydperk in Noord-Europa en Asië om hul enkels vasgebind het.
Sigaretrook is die grootste oorsaak van perifere vaskulêre siekte (’n siekte van die are van die bene en voete) wat pyn tot gevolg het as ’n mens loop, maar dit kan ook tot sere op die voete, infeksies en in erge gevalle, gangreen en moontlike amputasie lei.
Gedurende ’n gemiddelde dag van baie stap kan die totale druk op jou voete honderde ton wees, gelyk aan die gemiddelde gewig van ’n volgelaaide sementtrok.
Stap is die beste oefening vir jou voete. Dit dra tot jou algemene gesondheid by deur jou sirkulasie te verbeter en help ook met gewigsbeheer.
Om in een plek te staan, is baie uitputtender as stap omdat spanning vir ’n langer tydperk op dieselfde spiere gefokus word.
Voetkwale kan die eerste tekens van ernstige gesondheidsprobleme wees. Jou voete weerspieël jou gesondheid.
75% van mense ondervind die een of ander tyd in hul lewe voetprobleme.
Sweetgaatjies in die voete produseer omtrent ’n koppie sweet per dag.
’n Kwart van al jou bene kom in jou voete voor, as jou voetbene dus uit balans is, is die res van jou liggaam ook.
Dit is die afskeep en gebrek aan kennis oor goeie voetsorg, insluitende skoene wat verkeerd sit, wat tot probleme lei.
Vroue het omtrent vier keer meer voetprobleme as mans.
Omdat jou voete gewoonlik nie ewe groot is nie, moet jy skoene vir die grootste voet koop.
Die beste tyd van die dag om skoene te koop is in die middag, aangesien die voete dan die meeste geswel is.
Die gemiddelde persoon neem tussen 8 000 en 10 000 treë per dag.
Nege uit tien vroue dra skoene wat te klein is.
Wat van daai klankie?Is jy een van daai ongelukkiges wat te bang is om jou skoene in geselskap uit te trek? Hier is ’n paar wenke om die slegte reuk te voorkom:
Bly droog Maak jou voete deeglik droog nadat jy gebad of gestort het, veral tussen die tone. Gooi daarna ’n antifungusvoetpoeier tussen jou tone om dit droog te hou.
Dra sokkies as jy kan As jy skoene sonder sokkies dra, is daar niks om die sweet wat jou voete natuurlik afskei, te absorbeer nie en dit word dan tussen jou tone en in jou skoene vasgevang. As jy nie sokkies kan aantrek nie, spuit antiperspirant tussen jou tone en onder jou voete.
Skink 'n sopie As jy nie van die reuk ontslae kan raak nie, gooi ’n biejie vodka op ’n lap en vee jou voete daarmee af. Die alkohol in vodka is antisepties en sal jou voete droogmaak, wat in die proses die fungus en bakterieë vernietig wat die reuk veroorsaak.
Sit af dokter toe As niks wat jy doen, help nie, sal dit jou baat om ’n dermatoloog te gaan sien.