Ek is nou sommer moerig. Luister vir Naas reg... Ek is nie moerig vir die kind nie maar eerder vir sy ouers.
My skoonbroertjie aan my vrou se kant was 'n laatlam... Maw 'n ou parra wat met 'n slap riem gevang is. As julle nou verstaan wat ek bedoel.
Ten spyte van die feit dat hy nie veel ouer as my kinders is nie praat hulle (31 en 35 onderskydelik) nog steeds van hom as "Oom Henkie" en noem hom nog steeds Oom... Wat heeltemal reg is want hy is immers hul ma se broer.
Sy seun, nou so twaalf jaar oud, weet nie wat die woord "oom" beteken nie. Die laaste vier jaar nou al help Naas hom met sy skoolwiskunde. Maar elke slag as hy vir Naas bel vir hulp begin die gesprek met. "Dis Liam. Jy moet my help met my wiskunde die som maak nie sin nie want..."
Nie middag hond of Hello Naas of enige ander amperse manier van groet nie.
Self my studente noem my ten minste Oom Naas en ek praat nie met hulle as hulle my nie gegroet het nie.
Gistraand het ek my moer nou finaal gestroop en ek het sommer vir hom gese ek kan hom nie help nie. Hy het egter aangehou assof hy my nie gehoor het nie. Wel... Toe sit ek maar my foon af...
Sy pa en ma het tog uit dieselfde agtergrond as ons gekom. Hoe gebeur dit dat hulle vir my probeer vertel dat 'n elfjarige al 'n grootmens is. En wragtag... grootmense moet darem ook beter maniere as dit openbaar.