• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Uit 2009 se argief ...

Started by adele, December 12, 2017, 06:40:33 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

sonsondergang van die jaar

die see se ongeduld
raas in my ore
sproei
uit eeue se wysheid
'n mantel om al my vrese

skepe van twyfel
droom op haar bodem
en koraalriwwe
kleur my fynste
geheime diep weg

soveel dekades al
huppel en juig ek
deur die genadevalleie
wat my omvou
na elke krans
waaroor ek kaalvoet klim

en aan die einde van die dag
sit ek op die grootste Rots
vou die hartstogtelike vrede
uit die sonsondergang
van die jaar om my skouers

©adéle theron
adéle  :grommit:

PM

Mooi geskryf soos altyd vriendin.
Om te weet is om te verstaan.