• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Oorlog in haiku

Started by adele, December 06, 2017, 06:04:19 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Oorlog in haiku

jare in oorlog
skans en loopgraaf vol vrese
kindwees daar verloor

aanvalle trotseer
terugveg en agtervolging
oorgrens se spoorsny

mortiere val neer
in hinderlaag vasgevang
lewens verlore

reëntyd of winter
beproef emosies en krag 
tot jou uiterste

einde onverwags
bevele ineens gestaak
hulploos vasgevang

verraad geteken
in eie belang jou land
gevoelloos bedrieg

©adéle theron
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai