• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Drome

Started by adele, July 07, 2017, 03:58:27 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Om jou rustige alleenlewe op te gee, verg durf en moed. Jy is selfsugtig met jou eie-ek-tyd. Treetjie vir treetjie moet jy uit jou gemaksone klim, besluite neem en daarby wil hou. Dit is net moontlik wanneer jy met liefde, in sy Liefde, wil leef! 'Werklike liefde en geluk is net moontlik wanneer jy in my Liefde bly,' hoor sy Hom in die wind fluister.

Drome

Jare lank al soek hy na haar
tot in hul lewensherfs
toe fyn lagplooitjies
reeds haar oë omraam.
Voordag vou mis oor die heuwels
tog gaan stap sy in die veld
soekend na blink doudruppels
wat aan kunstig spinnerak hang 
... skryf daarmee 'n melodie,
herinneringe oor haar lewe
libretto die musiek.

Daardie mistige oggend
het hy haar net skrams gesien,
maar namiddag breek die son deur
tussen saggroen varings vang hy haar
... dra hulle arms vol lelies
na sy houthuis langs die vlei.
Saam ervaar hulle 'n sonsondergang
vol beloftes in God se kleurpalet
en onder draperings van spinsel en sy
saam met engele wat glimlaggend toekyk
beloof hul lewenslank trou aan mekaar.

©adéle theron
adéle  :grommit:

Ans Botha

Baie mooi. Ja 'n mens raak selfsugtig met jou "Me time" Ek is. Dan moet niemand my pla nie. Maar ons moet seker daar oorkom.

Marinda Kemp

Jy skryf die liefde soet-mooi. Maak mens weer uitsien na liefê, laat mens glo liefde bestaan nog
Upington is nie vir sissies nie.