• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n nuwe pad ...?

Started by adele, April 16, 2017, 10:10:28 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Naby die hoek van my tuin staan 'n paar bome groots; daarlangs het ek (in my verbeelding) 'n bankie staangemaak, diep genoeg vir die somerskadu van die takke, maar met genoeg son vir my voete in die herfs en dis net daar waar ek my tuismaak. Ek wil nie my oë toemaak nie. Ek wil nie bid nie, maar ek wil praat Here, my gedagtes in woord en stem voor U voete kom lê. En daarvoor moet ek buite wees, want ...

onseker is die lewe
en ons besluite, Heer
wanneer die pad in twee vurk,
of dalk in drie,
dan soek ek raad en hulp;
want iewers anderkant die bult
wys elke pad eers sy moeilikhede

daarom Here, vra ek hulp
en 'n hand op my skouer
sodat ek selfs in donkernag
die regte pad kan kies

die pad tot hier is nuut geteer
maar waar dit vurk
is een gebroke en vol gate,
die ander 'n goeie grondpad
die middel s'n net twee spore;
maar iewers anderkant die bult
wys elke pad eers sy moeilikheid

daarom Here, vra ek hulp
en 'n hand op my skouer
om op die pad te gaan
waar U vrede vir ons berei

dalk sou die gebroke teerpad
te glad eindig in 'n aanloopbaan
en die grondpad oorgaan
in verspoelde dongas;
kies ons eerder die tweespoorpaadjie
vol werk, maar met die vreugdewete,
ons lewe saam met U te stap.

©adéle theron
adéle  :grommit: