• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Here, wat het U vir my bedink?

Started by adele, February 21, 2017, 07:20:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Here, wat het U vir my bedink?

Uit die as my opgetrek
bloeiende are se skeure
met sydrade toegewerk
en die mosaïek in my hart gepoleer.

Weer lewe oor my ge-asem
en my oë vir U lig oopgemaak;
my geroep na U troon
en veerpen en ink gegee
om hierdie perkament
met U waarheid te vul?

Nou blaai U die enkele velle
van my voltooide storie om,
blaas die woorde droog
en hang hulle teen 'n pilaar
in die troonsaal van U liefde.

©adéle theron

adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

WOW! Dit is puik puik mater. Elke woord beitel 'n blywende beeld :notworthy: :icon_salut:

adele

adéle  :grommit: