• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

I love you, you …

Started by adele, January 26, 2017, 08:52:32 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Ek lig my pen 'n paar oomblikke op en laat my meevoer deur gunstelinge uit 'n vorige era waarna ek graag luister. Saam met Bob en Lucille gee ek my oor aan verlange wat meestal weggepak moet word; tog hou ek saans daaraan vas wanneer maanlig-aande te lank raak.

"♪♪♫...but there's one thing I'll never loose and that's the way she say ... I love you, no one new will ever, ever do ... I love you, you ..." Wanneer sy inval, staan ek deur die venster en staar verby die wit wolke teen die sagblou lugruim; nog baie verder.

Die slag ontplof amper in my gesig en ek hardloop uit. Maar daar's niks vir die kleine geveerte te doen nie. Sy het op vol spoed reguit teen die glas vasgevlieg. Ek tel haar op, ligter van kleure as die mannetjie wat so ent weggevlieg het en nou op 'n tak sit. Sal Tiptol ooit weer 'n ander maat kry? Ek vee trane van my wange af voor ek weer die kantoor instap. Die musiek wat my meegevoer het, het ook stilgeraak...

©adéle theron


https://www.youtube.com/watch?v=I2Tn28RYkBI
adéle  :grommit: