Author Topic: Kleintyd  (Read 1302 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Kleintyd
« on: November 19, 2015, 08:00:43 AM »
Kleintyd was Saterdag agtermiddag, my en Mammie se grafskoonmaakdag. Ek het haar kortpad deur die skool se erf leer loop, deur die gat in die jakkalsdraad laat klim, (sy kon practically regop daar deur, want sy was nie baie lank nie).

Sy met die matborsel in die hand en ‘n paar somerasters as daar was. Ek sleep ‘n bos Oupa-se-pyp(as dit blomtyd was) agterna. Genoeg vir vier grafte.

Oupa Bredenhann se graf is ons eerste stop. Sy vee die marmerblad skoon en ek gaan tap water in die peanutbutterbotteltjie vir sy blommetjies. Die ritueel by elke graf.

Dad se graf is volgend aan die beurt. Mammie hoef nie te buk nie. My pa het daarvoor gesorg. ‘n Amperse katakombe gebou om Dad binne te hou.

Terwyl Mammie die graf met die borsel skoonvee het sy gesë:”Ai Dad, Flip het ook seker gemaak dat jy nie die basuin sal hoor of hier sal uitklim nie.”

Dit het my bekommerd gemaak, want was as die ander grafte oopgaan en almal hulle liggame kry, hoe gaan Dad deur al daai bakstene en konkryt kom om saam met Mammie die Hienamaals te in. (Dis wanneer ek besluit om nie begrawe te word nie, net nou lewe ek nog of kan ek nie uit as die basuin blaas nie.)

Marietjie en Marieta se graffies was volgende aan die beurt, die laastes om blommetjies te kry. Een takkie elk van die Oupa-se-pyp en ‘n aster. (as hulle graffies se klippies min was, het ek by die grootmense se grafte gaan vra vir klippies).

En Mammie het gewonder wie haar so lief sou hê en onthou na haar dood, en na haar graf sou omsien. (Sy het na my gekyk).

Ek weet nie of ek toe al geweet het ek sal nie meer in Upington bly nie, want ek het net gesê: “Ek kan Mammie mos liefhê sonder om die graf te kom skoonmaak.” Maar dit was belangrik vir haar.

Ek wonder of Madge Bonthuys nog lewe en Mammie en Dad en my twee niggies se grafte skoonmaak, Nuwe blomme opsit en bekommerd is oor Dad wat deur ‘n bakoond-hoogte graf sal moet tonnel as die basuin blaas.

Soms gaan ek en Anton om my ma en pa se grafte en sy pa s’n skoon te maak.

My ma en pa s’n is altyd silwerskoon. Ons vee net die stoffies af. Geen blomme. My pa hou seker die grafte onkruid vry, hy kon mos nooit stil sit nie.


By Anton se pa se graf moet ons altyd die gras tussen die kopstuk en die marmerblad uit trek. (vergeet altyd die onkruid doder by die huis). Geen blomme.

Dan loop ons die ander bekende grafte na. Die twee soldate wat in die Grensoorlog gesneuwel het, Mannetjies en Boetie. Boetie het ek persoonlik geken, was my suster se kêrel en daar is hy dood voor hy aan trou kon dink. Hy het  naby God gewandel, wou hom rein hou, sou nooit sy beginsels oortree nie. Dit was ‘n eers om hom te ken.

Net een graf maak ons nie skoon nie. Die een van die jags ouman met die wellus in sy oë, sy kwylende bek, krokkedil poffer hande en horingagtige geel verskrompelde naels.

By hierdie graf loop ons verby en roep saam die Here aan om die vark te laat brand in die hel. Te gee dat sy vervloekte dade saam met hom dood is, sodat hy nooit weer iemand se lewe kan verwoes nie. Maar sy saad trap nog spore in die sand. Onwillekeurig wonder mens: Hoe ver sy appels van die boom geval het?

Ek dink dis tyd om die vark oor woordkole te verkaiing tot as.

©Orange Blue

 

 

©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3663
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Kleintyd
« Reply #1 on: November 19, 2015, 10:30:30 AM »
Ek hang aan jou lyne... met deernis en 'n lag - gelyk.  :notworthy: :icon_salut: :love7:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Kleintyd
« Reply #2 on: November 23, 2015, 05:26:46 AM »
Daai Saterdae se graf gaan vee en was, was vir my 'n beslommernis maar ook lekker. Ek het die botteltjie by voorbaat gaan leeg maak en gewas, vol water terug gedra en blomme in gesit, by die Jood se graf het ons net 'n klippie op die steen gesit.
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10693
  • Gender: Female
Re: Kleintyd
« Reply #3 on: December 09, 2015, 12:09:35 PM »
Dankie vir die deel hiervan Marinda. 
Maar sy saad trap nog spore in die sand.  Ek hou van die stelling. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Kleintyd
« Reply #4 on: December 09, 2015, 05:23:40 PM »
Dankie PM  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.