• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Dankie vir die reen

Started by PM, September 28, 2016, 07:01:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ons het gisteraand vir die eerste keer 'n bietjie reen gekry.  Almal en alles het gejuig!
Hier in Leeupoort gaan die krag af as 'n wolkie oor die berg skuur, maar ons gee nie om nie.  Dankbaar vir die reen oor ons dorre dorre aarde. 

Van die helfte van Augustus af moet ons begin kos aankoop vir die diere.  Hulle vreet alles wat net effens groen lyk. 

Dit neem so ses weke, as ons goeie opvolgreen kry, vir die veld om weer vir die diere te voorsien.  Hang natuurlik alles van die reen af. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Saam met julle dankbaar PM. Hierdie kant van die aardbol gaan ons nou weer die stormseisoen in. Op die oomblik loop twee van ons state erg deur.

PM

Ons hoop dat julle nie te erg deurloop nie.  As dit hier hard reen dan spoel al ons paaie weg, want Leeupoort is een sandhoop.  Ons het ook mos net sandpaaie. 
Om te weet is om te verstaan.