Ek huil oor my land wat verval.
En ons staan magteloos.
Wat my opval is die verval in ook 'beter' dele van ons mooi dorp waar ek woon.
Waar val almal skielik uit om hier te kom saamtrek?
Die inval van alles en nog wat en die wat sommer net van oral oor onse aarde kom en help aan die verval, is om van te treur tot in der ewigheid.
Voor my deurtjie is 'n trap wat na die boonste verdiepings lei en naweke is die afval op hierdie einste trap voor my deur, om van te kots. Pardon the pun.
Nie te praat van die val van die trappe tot teen my muur en deur en ek ys as ek dink dat die venster in die slag gaan bly...
Wie neem my kwalik as ek my distansieer van hulle en hul bosmaniere?
Dalk, net dalk, gooi ek en Ouma en die kinders ons stoel en tafeltjie en bedjies saam onder een dak en kan ons almal kies aan 'n plekkie waar ons (hopelik) vir die volgende paar jaar in vrede en waardigheid kan bly.