• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Al my fotos is skielik 'verkeerd gelink' :(

Started by Meraai vannie Baai, April 26, 2016, 03:38:34 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Laasnag Windows 10 installeer op ons tikker en vanoggend is al my fotos op die forum skielik 'verkeerd gelink'. Nie een sigbaar nie! Ek is raadop.

Meraai vannie Baai

#1
Die probleem le toe al die tyd by die program wat ek gebruik en reg oor die wereld kla die gebruikers  :icon_bigsmurf: Dit vind my slimme Amerikanertjie toe uit na sy moederlief hom omtrent in trane 'n HELP SEBLIEFIE boodskap met die poskoets stuur. Alles werk weer soos dit moet. Wat 'n verligting!

PM

Ek verstaan daardie frustrasie.  Is self besig om oor 10 vensters te struikel.  Dit gebeur mos maar as jy dink jy is slim en wil nie agter raak nie.  Eish!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :bootyshake: Ek kan my hare uittrek oor die besluit om 'slimmer en beter' te raak met die tien vensters (lief hoe jy dit beskryf!) Nuwer is nie altyd beter nie ne! En ek vat laaaaaaaaank om nuwe dinge baas te raak  :icon_bigsmurf:

PM

Ek weet nie hoe ek na al hierdie maande hier uitgekom het nie, maar dit wys jou nou maar net, wat moet gebeur sal gebeur. 
Na al hierdie tyd sukkel ek nog steeds van tyd tot tyd met die tien venstertjies!
Buiten vir dit sukkel ons ongelooflik met internet hier in Leeupoort.  Dit is so erg dat ons dit oorweeg om te verkoop en te trek.  Om een dag 'n week internet tot jou beskikking te hĂȘ is nag!



Om te weet is om te verstaan.