Author Topic: Dit reën in die hemel ook  (Read 1147 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Dit reën in die hemel ook
« on: November 23, 2015, 04:19:17 AM »
Vandag toe ek weer met mag en mening my linkerlong wil uithaal om te kyk  hoe ver is dit al verspons of verdroog (net soos wat mens dit wil noem) of ek nie my dik bloed deur die longslare kan wurg nie, as die pyn jou na mismoedigheid wil dryf omdat jy weet jy is magteloos om die proses te keer, glip ek “weg”.

My voete voel weer die koeligheid van die ronde wit klippe wat ‘n reënboog van kleur weerkaats. Perfek gesnyde lower groen gras tussen die klippe en bome gee die tuin waarin ek my bevind ‘n idilliese voorkoms. Die bome gee genoeg skaduwee met die son wat nou en dan flerts deur die blare. ‘n Tasbare vrede heers in hierdie tuin. Jy kan die liefde en aanvaarding aanvoel. Dit klou aan jou vel soos die seebries op ‘n lomerige somersdag.

Die ronde wit klippe wat ek altyd gedink het, pêrels of perlemoen is, is toe al die tyd opaal waarop ek loop, dit vind ek uit danksy ‘n wonderlike vriendin se begeerte na ‘n opaalring wat sy gekry het.

Die huis lyk bekend toe ek by die voordeur aankom en die houtreuk van die deur inasem. Saggies klop ek aan die deur. Geluidloos gly dit oop en my blydskap loop oor toe ek Dominee Jan-Karel Erasmus in die deur sien staan. Soos altyd met ‘n gulhartige glimlag nooi hy my binne.

“Waar is Anton?” hy beduie na die sitkamer maar loop deur na die kombuis en uit by die agterdeur tot by die mooiste swembad wat ek nog gesien het.

“Iewers,” ek kom agter ek is hier sonder Anton. Stilweg wonder ek waarom Jan-Karel so alleen hier bly.

“Spring in. Magda sal nou hier wees.” hy beduie na die swembad.

Sonder om twee keer genooi te word, glip ek in die koel water. Daar is nie ‘n reuk van chemikalië in my neus nie, nog minder die bedompige reuk van ‘n plaasdam. Dis wonderlik dat ek onder water kan asemhaal sonder enige pyn of om te verdrink.

Na ek so paar keer heen en weer geswem het (sonder om moeg te word of kort asem te wees) en op die wal tussen die plante gaan sit, begin hy weer praat.

“ Jy wonder baie oor baie dinge wat jy weet jy nie kan verander nie. Soek versekering dat jy reg glo en optree, selfs dink.”

Hy het hom gemaklik geskuif in sy stoel, soos hy altyd gemaak het toe hy ons gekatkiseer het.

“Ek het gisteraand gebid, gevra vir ‘n antwoord, oor Siener en sy dogter se profesieë, oor die anargie by die kampusse, oor Koos. Het heelnag lofprysing en aanbidding gedoen tot die son opkom vanmôre, nou’s ek hier.”

Ek is verstom oor hoeveel liefde hierdie man uitstraal, nog net een keer weer ervaar van ‘n predikant en die is in die tronk.

Die wete dat ek my weer in die Oorgangsplek bevind skok my nie, is net jammer ek het dit nie herken aan die pad van opaal wat ek gevolg het tot hier nie. Want dan sou ek gekyk het of ek Mammie sien, my ma, my pa, Liesl ... En my nie verstom het aan die “klippe” nie.

Ons gesels soos van ouds. Soos my destydse stryd met my skoonfamilie. Hoekom hulle die ongeregtigheid met leuens toe smeer, nie omgee wie se lewe verwoes word in die proses nie. Net so peper ek hom nou met my vrae.

Sy stemtoon sag, sy antwoorde soos altyd regverdig. Hy sou die regte en regverdige pad aandui, deur sy Vader aan te haal, sy eerste liefde vir mense openbaar, sonder om ‘n beskuldigende vinger te wys. Hy sou nooit uit homself praat nie. Vreemd dat hy op aarde nie deur al sy gemeentelede geliefd genoeg geag was nie, behalwe Zeerust se gemeente. (Dit was ‘n belewenis om ter ervaar hoe lief hulle Jan-Karel gehad het!)

Skielik is daar ‘n hengse knal. Ek staan met ‘n baba in my arms in Jan-Karel se kombuis. Die reën begin sag te tip-voet oor die dak, trek ‘n sluier oor die Oorgangsplek.

“God het ek lief want die getroue Heer, hoor na my stem uit vrye welbehae ....” (Ps. 116:1) volg my toe toe Jan-Karel my groet. Ek loop deur die reëngordyn oor die nat teerpad tot waar Anton vir my wag.

Ek staan op en maak die kamer se venster toe wanneer die wind die koue druppels oor my waai. Sou Jan-Karel my geantwoord het?

Die horlosie sê dis nog nie vyfuuur nie, so ek maak fb oop en ek lees die eerste plasing in fb se Nuusflitse wat op my rekenaarskerm verskyn:

“Christa Morrison: as iemand vir jou sê jy moet bang wees vir iets en dan vir jou vertel wie verantwoordelik is daarvoor dink mooi – dis waarskynlik suiwer politiek” (Oor Siener en sy dogter, uit my oogpunt gesien).

Die tweede nuusflits wat ek lees lui:
“Adri Barnard: Billy Graham’s daughter was interviewed on the Early Show and Jane Clayson asked her “How could God let something like this happen?” (Regarding the attacks on Sept.11). Anne Graham gave an extremely profound and insightful response. She said:
“I believe God is deeply saddened by this, just as we are, but for years we’ve been telling God to get out of our schools, to get out of our goverment and to get out of our lives. And being the gentleman that he is, I believe He has calmly backed out. How can we expect God to give us His blessing and His protection if we demand He leave us alone?” In light of recent events ... terrorists attack, school shootings, etc.

I think it started when Madeleine Murray O’ Hare (she was murdered, her body found recently) complained she didn’t want prayer in our schools and we said OK.
Then someone said you better not read the Bible in school ... the Bible says thou shalt not kill, thou shalt not steal, and love your neigbor as yourself. And we said OK.

Then Dr. Benjamin Spock said we shouldn’t spank our children when they misbehave beacause their little personalities would be warped and we might damage their self-esteem .(Dr. Spock’s son committed suicide). We said an expert should know what his talking about. And we said OK.

Now we’re asking ourselves why our children have no conscience, why they don’t know right from wrong. Probably if we think about it long and hard enough, we can figure it out.

I think it has a great deal to do with “ WE REAP WHAT WE SOW.”

Funny how simple it is for people to trash God and then wonder why the world’s going to hell.
Funny how we believe what the newspapers say, but question what the Bible says.
Funny how you can send ‘jokes’ through e-mail and they spread like wildfire but when you start sending messages regarding the Lord, people think twice about sharing.
Funny how lewd, crude, vulgar and obscene articles pass freely through cyberspace, but public discussion of God is suppressed in the school and workplace. Are you laughing?
Funny how when you forward this message, you will not send it to many on your address list beacause you’re not sure what they believe, or what they WILL think of you for sending it. Funny how we can more worried about what other people think of us than what God thinks of us...”

“En Koos?’ wonder ek toe ek fb sluit en op staan om uit te gaan toe Anton-hulle onder die suidwesdoringboom stop.

“Wat ‘n vriend het ons in Jesus ...” neurie ek terwyl ek huis toe loop. Ja, Koos is God se vriend.

©Orange Blue



©ALLE REGTE VOORBEHOU Geen gedeelte van hierdie skrywe mag op enige manier gereproduseer word sonder die skriftelike toestemming van die kopiehouer (skrywer) en uitgewer nie
« Last Edit: December 09, 2015, 10:26:28 PM by Marinda Kemp »
Upington is nie vir sissies nie.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Dit reën in die hemel ook
« Reply #1 on: November 23, 2015, 05:12:59 AM »
Lig my hoed en knak my knieg  :notworthy: :icon_salut:

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Dit reën in die hemel ook
« Reply #2 on: November 23, 2015, 05:24:24 AM »
Dankie :love7:
Upington is nie vir sissies nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Dit reën in die hemel ook
« Reply #3 on: December 09, 2015, 08:11:42 PM »
Baie om oor te dink.  Goed geskryf Marinda.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Marinda Kemp

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 129
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
    • Orange Blue
Re: Dit reën in die hemel ook
« Reply #4 on: December 09, 2015, 10:23:20 PM »
Dankie PM  :love7:
Upington is nie vir sissies nie.